Hoeksnelheid
In fisika is hoeksnelheid die vektormeting van die tempoverandering van die hoekverplasing van 'n voorwerp teenoor tyd. Die vektor dui die grootte van die rotasiespoed (skalaar: hoekfrekwensie) aan sowel as die as waarom die voorwerp roteer. Dit word meestal aangedui met die hoofletter-omega (ω). Die SI-eenheid vir hoeksnelheid is radiale per sekonde . Die rigting van rotasie kan maklik voorgestel word deur die regterhandreël (sien skets aan die regterkant).
![](../I/Angular_velocity.svg.png.webp)
Die vektor ω dui die hoeksnelheid van die partikel om die as ω aan
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hoeksnelheid.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.