Hobokwartet (Mozart)
Die Hobokwartet in F-majeur, K. 370/368b, is 'n werk wat vroeg in 1781 deur Wolfgang Amadeus Mozart geskryf is. Die kwartet is geskryf vir hobo , viool, altviool en tjello. Mozart is in 1780 uitgenooi na München om prins-elektor Karl Theodor te besoek, wat die opera Idomeneo vir 'n karnavalviering aangevra het.[1] Terwyl hy in München was, het Mozart opnuut kennis gemaak met Friedrich Ramm, te wete 'n virtuoos hoboïs in die Münchense-orkes.
Mozart het die kwartet vir Ramm gekomponeer sodat Ramm sy virtuositeit, en die verbeterings wat destyds aan die hobo aangebring is, ten toon kon stel.[1] Een manier waarop hierdie stuk onder andere die instrument se kwaliteite vertoon het, was die gebruik van die Hoë F bokant die notebalk, welke noot selde gespeel is in enige repertorium wat voorheen vir die hobo geskryf is.[2]
Alhoewel die stuk 'n kamermusiekwerk is, bevat dit elemente van ander musikale genres, en is dit 'n veeleisende stuk werk wat 'n redelike mate virtuositeit vereis. Vanweë die groot hoeveelheid virtuose spel aan die kant van die hobo, en die mate waarin die strykinstrumente in groot dele van die werk bloot die hoboïs vergesel, is dit byna soortgelyk aan 'n concerto, maar met slegs vier spelers in die plek van 'n hele orkes. Ten spyte hiervan vereis die werk ook heelwat ensemblespel, byvoorbeeld soos in die bekende 13-maat passasie in die finale beweging waarin die hobo in gewone tyd teen 'n 6/8 begeleiding gespeel word.[2][3][4]
Struktuur
Daar is drie bewegings:
- I. Allegro
- II. Adagio
- III. Rondo: Allegro
'n Uitvoering duur ongeveer 15 minute.
Media
- 1. Allegro (lêerinligting) — speel in blaaier (beta)
- Probleme om na lêer te luister? Sien die mediahulp.
Bronne
- Berger, Melvin (2001). Guide to Chamber Music. Mineola, New York: Dover. ISBN 0-486-41879-0.
{{cite book}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link) - Bromberger, Eric (2012). "Brilliant Beginnings". Chamber Music Northwest. Chamber Music Northwest. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2014. Besoek op 29 Oktober 2014.
{{cite web}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link) - Gylgayton, Richard (1999). "Sierra Chamber Society Program Notes". Sierra Chamber Society. Joseph Way. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2015. Besoek op 29 Oktober 2014.
Verwysings
- Berger 2001, p. 284–285
- Gylgayton & Way 1999
- Bromberger 2012
- Odom 2001, p. 2
Eksterne skakels
- Quartett in F für Oboe, Violine, Viola und Violoncello: Partituur en kritiese verslag (de) in die Neue Mozart-Ausgabe
- Oboe Quartet, K. 370: Partituur op die International Music Score Library Project
- "WOLFGANG AMADEUS MOZART:Quartet in F Major for Oboe and Strings, K.370 - Program notes". La Jolla Music Society. Besoek op May 2013.
{{cite web}}
: Gaan datum na in:|accessdate=
(hulp)[dooie skakel] - Buttall, Philip R (2006). "Program notes to a performance of the Quartet by the Endellion String Quartet & David Walter" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 8 April 2017.
{{cite web}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link) - Darwin, Chris. "Mozart: Oboe Quartet" (PDF). Besoek op 8 April 2017.
- Gallant, Thomas (2013). "W.A. Mozart - Oboe Quartet in F Major, K. 370" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 8 April 2017.
{{cite web}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link) - Hogwood, Christopher (21 Februarie 2012). "Is it possible? - Mozart's Oboe Quartet in F major, K.370". Gresham College. Besoek op 8 April 2017.
- Pajot, Dennis (2007). "K370/368a The Oboe Quartet in F". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2013. Besoek op 8 April 2017.
- Siegel, Steve (19 Januarie 2012). "Bewitching old and new music featuring clarinet". The Morning Call. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2017. Besoek op 8 April 2017.
{{cite news}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link)