Hobart
Hobart (Engels: [ˈhoʊbɑːrt], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Tasmanië met 'n bevolking van 232 670 in 2020 en 'n oppervlakte van 1 695,5 km². Die hawestad is aan die suidooskus van die eiland geleë en is die oudste in die land naas Sydney. Dit is aan die rivier Derwent, die Tasman-hoofweg en aan die voet van die 1 271 m hoë berg Wellington geleë. Die Universiteit van Tasmanië is in Hobart geleë.
Hobart | |
---|---|
Stad | |
Hobart | |
Vlag Wapen | |
Ligging van Hobart | |
Hobart en Groter Hobart | |
Koördinate: 42°52′50″S 147°19′30″O | |
Land | Australië |
Deelstaat | Tasmanië |
Administratiewe verdeling | 5 Plaaslike Regeringsgebiede |
Stigting | 1803 |
Oppervlak | |
• Stedelik | 1 695,5 km2 (654,6 vk. myl) |
Hoogte | 54 m (177 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 232 670 (2 020) |
• Digtheid | 124,8/km2 (323/vk. myl) |
• Stedelike digtheid | 895/km2 (2 320/vk. myl) |
Tydsone | AEST (UTC+10) |
• Somertyd | UTC+11 |
Webwerf | Hobart City Council |
Hobart is in 1803 as 'n strafkolonie gestig. Vandag is dit 'n besige hawe, en is dit die tuishawe van Antarktiese ekspedisies. Toeriste-aantreklikhede sluit die Salamanca-markte, Cadbury- sjokoladefabriek en die Cascade-brouery in. Hobart het 'n oseaniese klimaat.
Dit was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Krieketwêreldbeker 2015 en T20I-wêreldbeker 2022.
Verdere Leesstof
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hobart.
- (en) Toerisme-inligting oor Hobart op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
Hoofstede van Australië | ||||
---|---|---|---|---|
|