Ho
Ho (𑢹𑣉𑣉 𑣎𑣋𑣜, हो जगर, ହୋ ଜଗର, hōō jagara, [hoː ʤɐgɐr]) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 1,4 miljoen mense in Oos-Indië gepraat word. Ho word amptelik met die Warang Citi-alfabet geskryf, terwyl soms ook Devanagari, die Latynse alfabet, die Odia-alfabet of die Telugu-alfabet gebruik word. Die naam "Ho" is afgelei van die inheemse woord "𑣙𑣉𑣉" ([hoː]) en beteken "mens".[2]
Ho 𑢹𑣉𑣉 𑣎𑣋𑣜, हो जगर, ହୋ ଜଗର, hōō jagara | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [hoː ʤɐgɐr] | |
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Moenda Noord-Moenda Kherwariaans Moendaries Ho | |
Skrifstelsel: | Warang Citi-alfabet (amptelik) Devanagari Latynse alfabet Odia-alfabet Telugu-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië
| |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | hoc | |
Ho is een van die mees gesproke Austro-Asiatiese tale en een van die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Moendari en Santali, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Ho in die Indiese deelstate Assam, Bihar, Chhattisgarh, Orissa en Wes-Bengale gepraat.
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ho". Ethnologue. Besoek op 19 Maart 2021.
- (en) "Ho Web Sketch: Ho writing" (PDF). Livingtongues.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Maart 2016. Besoek op 19 Maart 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.