Hiri Motu
Hiri Motu is 'n pidgintaal wat saam met Engels en Tok Pisin die amptelike tale van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Austronesiese taal Motu.
Hiri Motu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | baie min (moedertaal) 120 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Pidgin Hiri Motu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hm | |
ISO 639-2: | hmo | |
ISO 639-3: | hmo | |
Hiri Motu het 'n baie min getal van moedertaalsprekers, terwyl sowat 120 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Hiri Motu is streng gesproke nóg 'n pidgintaal nóg 'n kreooltaal, dit beskik oor sommige eienskappe van albei taalsoorte. Weens fonologiese en grammatikale verskille is Motu en Hiri Motu nie onderling verstaanbaar nie. In die gebiede waar Hiri Motu eens 'n goed gevestigde lingua franca was, is dit oor baie jare heen deur Tok Pisin en Engels vervang.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Motu, Hiri" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 10 Februarie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.