Hiponiem
'n Hiponiem is 'n woord wat verwys na 'n subklas of onderafdeling van 'n omvattender of algemener klas. As voorbeeld: Tamaties, wortels, kool en boontjies is hiponieme (of name van subklasse) van die hoofklas "groente".
Die term kom vanuit Grieks: υπονύμιον, wat "onder(liggende) naam" beteken. Die woorddeel "hipo" beteken "onder" en "niem" beteken "naam" of "benaming".
Hiponieme word dikwels in woordeboeke aangetref. Byvoorbeeld:
- Pistool: 'n pistool is 'n vuurwapen wat...
- Rewolwer: 'n rewolwer is 'n vuurwapen wat...
- Trein: 'n Trein is 'n voertuig wat...
- Fiets: 'n Fiets is 'n voertuig wat...
Die teenoorgestelde van 'n hiponiem is 'n hiperoniem.
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir hiponiem.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.