Hipochloriet
'n Hipochloriet is 'n sout wat die anioon ClO- bevat, wat die suurres van onderchlorigsuur HOCl is.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Hipochloriet |
Lys van anione |
Die chlooratoom het 'n oksidasietoestand van +1. Hipochloriete is sterk oksidante.
Produksie
Die elektrolise van pekel lewer chloorgas Cl2 en natronloog (bytsoda), 'n oplossing van natriumhidroksied NaOH. By lae temperature kan hulle 'n autoredoksreaksie ondergaan wat chloried- en hipochlorietione vorm:
In basiese oplossings is die hipochloriet-ioon stabiel maar by toevoeging van soutsuur HCl word onderchlorigsuur HOCl en uiteindelik Cl2 teruggevorm.
Toepassings
Bleikmiddel is 'n oplossing van natriumhipochloriet en word baie in die huishouding gebruik. Kalsiumhipochloriet is die aktiewe bestandeel van watersuiweringstablette vir drinkwater en opgaartenks.[1]
Sien ook
Verwysings
- "Agrinet". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.