Hindi Wikipedia
Die Hindi Wikipedia is die Hindi uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die Wikipedia is in Julie 2003 begin. Dit het tans 158 807 artikels, en is die 60ste grootste Wikipedia.
Hindi Wikipedia | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Hindi |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | Julie 2003 |
Huidige status | Aktief |
URL | hi.wikipedia.org |
In Julie 2010 kondig Google aan dat hulle saam met die Hindi-wikipediane werk om Engelse artikels na Hindi te vertaal. Na slegs 3 maande is meer as 600 000 woorde met 'n kombinasie van Google Translate en handmatige kontrole vertaal. Hierdie gekoördineerde vertaling het tot 'n 20% groei gelei.[1]
Voorbeeld
- 'n Voorbeeld van 'n Hindi-talige artikel oor Afrikaans: अफ्रीकांस भाषा.
Verwysings
- Translating wikipedia. Besoek op 27 Oktober 2010.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hindi Wikipedia. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.