Theravada
Die Theravada (Pali, letterlik "Tradisie van die Oudstes") is die tradisie wat die oorspronklike Boeddhistiese leer en konvensies navolg. Soms word die Theravada ook die "Boeddhisme van die suide" genoem omdat dit van Indië na die suide (Sri Lanka) versprei het. Die Theravada word veral aangehang in Sri Lanka, Myanmar, Thailand, Kambodja en Laos. Ook in Indonesië en Bangladesj word dit lank reeds beoefen, maar deur minderheidsgroepe. Dit versprei ook al hoe meer na Westerse lande.
Boeddhisme |
---|
Stigter |
Siddhartha Gautama |
Volgelinge |
488–535 miljoen |
Geskiedenis |
Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe |
Belangrike begrippe |
Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede |
Strominge |
Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen |
Geskrifte |
Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra |
Die Theravada word ook soms verkeerdelik "die klein voertuig" genoem, in teenstelling met "die groot voertuig", of Mahayana. Albei Boeddhistiese strominge bestaan naas mekaar, maar daar is ook ander vorme van Boeddhisme. Die term "Hinayana" kom uit die Mahayana, waar nie-Mahayana-skole so genoem word. "Hina" beteken nie net klein nie, maar ook minderwaardig. In die Weste is dié term oorgeneem weens ’n gebrek aan kennis oor die feitelike agtergrond.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Theravada.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia