Hidroksielapatiet

Hidroksielapatiet, hidroksi-apatiet of apatiet-(CaOH) is 'n mineraal uit die apatiet-groep. Dit kom algemeen voor en dit word in Suid-Afrika in Noord-Kaap in die Postmasburg-mangaanveld op die Gamagara-rand gevind.[1]

Hidroksielapatiet
 
FormuleCa5(PO4)3OH 
Nickel-Strunz (10)8.BN.05  
Kleurwit, grys, geel, groen, pers 
Hardheid5 
Digtheid3,1 - 3,21 g/cm3 
Kristalsisteemheksagonaal 
Strukturbericht-kodeH5 
Eenheidsela = 9.41 Å, c = 6.88 Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Biochemie

Hidroksielapatiet word aangewend in die proteïen-chromatografie as 'n draermateriaal in die kolom.[2]

Tandheelkunde

Hidroksielapatiet is die mineraal wat die tande vorm en die blootstelling van hierdie materiaal aan sure kan hierdie materiaal oplos, omdat dit 'n hidroksied is. Die teenwoordigheid van fluoried-ione kan help die tande te behoed omdat die F-ioon die OH-ioon in die apatietstruktuur kan vervang.[3]

Verwysings

  1. "mindat 1992" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019.
  2. Protein chromatography on hydroxyapatite columns Cummings LJ, Snyder MA, Brisack K. Methods Enzymol. 2009 463:387-404
  3. "perio sciences" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 12 Augustus 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.