Hiërapolis
Hiërapolis (Grieks: Ἱεράπολις, "heilige stad") was die antieke Griekse stad bo die Pamukkale-warmwaterbronne in die huidige Suidwes-Turkye.
Hiërapolis-Pamukkale* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Bisantynse Poort van Hiërapolis. | |
Hiërapolis |
|
Koördinate: 37°55′30″N 29°07′33″O | |
Lande | Turkye |
Tipe | Verskeie |
Kriteria | iii, iv, vii |
Verwysings | 485 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1988 (12de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Saam met Pamukkale is die Hiërapolis sedert 1988 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[1] Die warmwaterbronne daar is sedert die 2de eeu v.C. as ’n spa gebruik en mense het daarheen gegaan om genees te word. Baie het daar afgetree of is daar dood. Die groot dodeakker is vol klip-doodskiste.
Die groot baddens is met groot steenblokke gebou sonder die gebruik van sement en bestaan uit verskeie opelug- en onderdak-seksies wat met mekaar verbind is. Daar was ook ’n biblioteek, amfiteater, tempel, gimnasium en swembaddens. Die kompleks is nou ’n argeologiese museum. Talle artefakte van verskeie gebiede, selfs uit die Bronstydperk, word hier uitgestal.
Galery
- Die amfiteater.
- Gemeenskaplike toilette.
- Nog doodskiste.
- ’n Doodstombe.
- Die hoofstraat.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Hierapolis
- "Hierapolis-Pamukkale World Heritage Site". UNESCO World Heritage Centre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2019. Besoek op 23 Junie 2007.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hiërapolis. |
- Dr. Cemil Toksöz – Pamukkale & Hierapolis; 1995, Eriṣ Turizm Tic Pazarlama, Denizli.
- Hierapolis
- Lycos Valley (Colossae, Laodicea, and Hierapolis) Geargiveer 30 Desember 2016 op Wayback Machine