Hezbollah
Hezbollah (Arabies: حزب الله, baie keer ook Hizbullah, Hizb-Allah of Hisbollah geskryf, letterlik "Party van God/Allah") is 'n Islamitiese Libanese Organisasie. Dit het in 1982 ontstaan deur die samesmelting van verskeie Sjiïtiese groepe om teen die Israeliese Inval in Libanon te veg. Dit word blykbaar finansieel en ideologies deur Iran ondersteun.
Hezbollah | |
Hezbollah-vegters | |
Leier | Hassan Nasrallah |
---|---|
Gestig | 1985 (amptelik) |
Ideologie | Sjiïtiese Islam Teen-imperialisme[1][2][3] Teen die Weste[4][5][6][7] Teen-Sionisme Teen-Wahabities |
Amptelike kleure | Geel, groen |
Webblad | http://www.moqawama.org/ |
In Libanon is dit enersyds 'n politieke party wat sedert 1992 ook in die parlement verteenwoordig word. Tans het hulle 15 van die 128 parlementslede.[8] Die minister van energiesake in die huidige Libanese Regering is lid van die party. Aan die anderkant beskik dit egter ook oor paramilitêre eenhede wat veral in die suide van die land onafhanklik van staatsbeheer optree. Hezbollah streef ook sosiaal-politieke doelstellings soos gesondheid, opvoeding en media na. Hezbollah word tans deur Hassan Nasrallah gelei.
Die Verenigde State en 'n paar ander lande beskou Hezbollah as 'n Terroriste organisasie.
Oorsig
Ontstaan
In 1982, kort na die Israeliese besetting van Suid-Libanon word Hezbollah uit radikale elemente van die Sjiïtiese Amal-Beweging en verskeie kleiner groepe gevorm. Nadat dit aanvanklik aan die kant van die Amal-militêre teen die Israeliese weermag in Libanon geveg het, ontstaan daar in 1985 swaar gevegte tussen die deur Iran ondersteunde Hezbollah en Amal wat weer deur Sirië ondersteun is. Die einde van die Libanese Burgeroorlog lei opnuut tot versoening tussen die twee Sjiïtiese militêre groepe. Hulle politieke vleuels het ondertussen ook 'n verkiesingsooreenkoms aangegaan.
Finansiering
Hezbollah word gefinansier deur hoofsaaklik onverklaarde donateurs asook deur Iran wat maandeliks tot 50 miljoen euro aan Hezbollah skenk. Baie van Hezbollah se wapens kom ook uit Iran.
Verwysings
- (en) Elie Alagha, Joseph (2011). Hizbullah's Documents: From the 1985 Open Letter to the 2009 Manifesto. Amsterdam University Press. pp. 15, 20. ISBN 90-8555-037-8.
- (en) Shehata, Samer (2012). Islamist Politics in the Middle East: Movements and Change. Routledge. p. 176. ISBN 0-415-78361-5.
- (en) Husseinia, Rola El (2010). "Hezbollah and the Axis of Refusal: Hamas, Iran and Syria". Third World Quarterly. 31 (5). doi:10.1080/01436597.2010.502695.
- (en) Levitt, Matthew (2013). Hezbollah: The Global Footprint of Lebanon's Party of God. p. 356.
- "Who are Hezbollah" (in Engels). BBC News. 21 Mei 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 10 Augustus 2014.
- (en) An International History of Terrorism: Western and Non-Western Experiences. p. 267.
- (en) Criminology: Theories, Patterns & Typology. p. 396.
- "Interior Ministry releases numbers of votes for new MPs". The Daily Star. 9 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2021. Besoek op 24 Oktober 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hezbollah.