Hexrivierberge

Die Hexrivierberge is in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die berge is deel van die Kaapse Plooigordel en lê noordoos/suidwes tussen Worcester en Touwsrivier. Die hoogste piek is die Matroosberg (2249 m). Die storie van Die Heks van Hexrivier loop hand aan hand met dié berge.

Bergpasse

Die Hexrivierpas, wat die N1 nasionale pad oor die berg dra, en die Hexrivier-spoorwegpas is twee bekende passe wat oor die berg gaan.[1]

Die Hexrivierberge, met Buffelshoek-piek (2060 m) en Milner-piek (1995 m).

Verwysings

  1. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.