Hettangium
Die Hettangium is die eerste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Vroeë Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in hierdie tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kryt | Vroeg | Berriasium | jonger | |
Jura | Laat | Titonium | 145,0–152,1 | |
Kimmeridgium | 152,1–157,3 | |||
Oxfordium | 157,3–163,5 | |||
Middel | Callovium | 163,5–166,1 | ||
Batonium | 166,1–168,3 | |||
Bajosium | 168,3–170,3 | |||
Aalenium | 170,3–174,1 | |||
Vroeg | Toarsium | 174,1–182,7 | ||
Pliensbachium | 182,7–190,8 | |||
Sinemurium | 190,8–199,3 | |||
Hettangium | 199,3–201,3 | |||
Trias | Laat | Rhaetium | ouer | |
Die verdeling van die Jura (IKS). |
![](../I/Abrictosaurus_dinosaur.png.webp)
Die tydperk was van sowat 201,3 tot 199,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Rhaetium en gevolg deur die Sinemurium.
Naam en definisie
Die Hettangium is genoem na die plek Hettange-Grande in het Franse département Moselle. Die naam is in 1864 vir die eerste keer gebruik deur die Switserse geoloog Eugène Renevier.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die gladde ammoniet Psiloceras planorbis, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenera Vermiceras en Metophioceras.
Verwysings
- Gradstein et al. (2012)
Bronne
- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
- (fr) Renevier, E.: Notices géologiques et paléontologiques sur les Alpes Vaudoises, et les régions environnantes. I. Infralias et Zone à Avicula contorta (Étage Rhaetien) des Alpes Vaudoises Bulletin de la Société Vaudoise des Sciences Naturelles 8, p. 39-97.