Hetero-atoom

'n Atoom word in die organiese chemie as 'n hetero-atoom indien dit nie 'n koolstof- of 'n waterstof-atoom is nie.

'n Selenokarbonielgroep

Die volopste hetero-atome in die organiese chemie is suurstof (O), stikstof (N) en die halogene fluoor (F), chloor (Cl), broom (Br), jodium (I). Die laaste vier word egter gewoonlik nie in 'n ketting aangetref nie. Ander elemente was soms wel in 'n ketting kan sit, is swawel (S), fosfor (P), silikon (Si) of selfs seleen (Se), telluur (Te), arseen (As), antimoon (Sb), en boor (B). Indien hierdie 'eksotiese' hetero-atome in verbindings voorkom, spreek navorsers egter dikwels van organoseleenchemie, organotelluurchemie ensomeer.

Hetero-atome kan ook in aromatiese ringe voorkom. Goeie voorbeelde hiervan is furaan (O), tiofeen (S) en pirrool en piridien (N). Hierdie verbindings word heterosiklies genoem.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.