Hessiet
Hessiet is 'n mineraalvorm van disilwertelluried (chemiese formule Ag2Te). Dit is 'n sagte, donkergrys telluriedmineraal wat monokliene kristalle vorm. Dit is vernoem na Germain Henri Hess (1802–1850).
Hessiet | |
---|---|
Formule | Ag2Te |
Onsuiwerhede | Au, Pb[1] |
Nickel-Strunz (10) | 2.BA.60 |
Kleur | loodgrys, staalgrys[1] |
Glans | metallies[1] |
Hardheid | 2-3 (Mohs)[1] |
Digtheid | 8,24-8,45 g/cm3[1] |
Ruimtegroep | P2₁/c |
Nommer | 14 |
Eenheidsel | a = 816,2; b = 446,7; c = 897,3 pm, β = 124,153° |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Hessiet word in die VSA aangetref in Eagle County, Colorado en in Calaveras County, Kalifornië, asook op baie ander plekke. Stütziet (Ag7Te4) en empressiet (AgTe) is verwante silwertelluriedminerale.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.