Hesperantha rivulicola
Hesperantha rivulicola is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom van die Bokkeveldberge tot by Calvinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1408 km² en daar is histories vier subpopulasies bekend. Die een subpopulasie by Nieuwoudtville is vernietig deur die munisipaliteit se instandhoudings werk aan die pad en die rivier in 2003. Die ander drie subpopulasies word bedreig deur oorbeweiding en nog landerye wat aangelê kan word.
Hesperantha rivulicola | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. rivulicola |
Binomiale naam | |
Hesperantha rivulicola Goldblatt, (1984) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.