Hesperantha bulbifera
Hesperantha bulbifera (Aandblom) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die plant verkies klam, kleierige grond en word as seldsaam beskou.
Hesperantha bulbifera | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. bulbifera |
Binomiale naam | |
Hesperantha bulbifera Baker, (1876) | |
Die plant word tot 45 cm hoog met 'n stingelknol. Die blomme is spierwit, omtrent 4 cm in deursnit en word op yl bloeiwyses gedra. Die blomme open eers in die laatmiddag, vandaar die naam.
Bronne
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 46.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.