Hermon
Hermon is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 22 km noord van Wellington. Dit het gegroei om die spoorweghalte op die takspoorlyn wat by Porterville eindig. Die dorp is vernoem na die berg Hermon wat in die Bybel in Deut. 3 verse 8 en 9 genoem word.
Hermon | |
---|---|
Hermon | |
Koördinate: 33°26′0″S 18°58′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Kaapse Wynlande |
Plaaslike Munisipaliteit | Drakenstein |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Distrik
Koringhandel is 'n vername ekonomiese aktiwiteit. Daar is belangrike kalkneerslae by Porseleinberg sowat 8 km wes van Hermon.
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.