Hermannsburg
Hermannsburg is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en is 20 km oos van Greytown.
Hermannsburg | |
---|---|
Hermannsburg | |
Koördinate: 29°7′30″S 30°51′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distriksmunisipaliteit | uMzinyathi |
Plaaslike Munisipaliteit | uMvoti |
Stigting | 1854 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 3508 |
Skakelkodes | 033 |
Geskiedenis
Die dorpie het ontstaan in 1854 toe pastoor Louis Harms 'n sendingstasie hier begin het op die plaas Perseverance. Die sendingstasie is vernoem na Hermannsburg in Duitsland, internasionale hoofkantoor van die sendinggenootskap. Die sendingstasie het 'n skool ingesluit, gestig in 1856, waar onder ander Louis Botha onderrig ontvang het. Dit bestaan vandag nog as die tweetalige (Duits en Engels), privaat Deutsche Schule Hermannsburg.
Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.