Heracleum sphondylium

Heracleum sphondylium, of bereklou, is ’n kruidagtige, twee- of meerjarige gewas in die familie Apiaceae. Dit is inheems aan Europa en Asië. Die plante word so genoem na aanleiding van die rangskikking van hul blomme.

Bereklou
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Apiales
Familie:
Apiaceae
Genus:
Heracleum
Spesie:
Heracleum sphondylium

Beskrywing

’n Nabyskoot van die blomme van H. sphondylium.

Die plante word gemiddeld 50-120 cm hoog, met ’n maksimum van 2 m. Die blare kan tot 50 cm lank word. Hulle is veeragtig en harig, en verdeel in segmente van drie tot vyf lobbe.

Die plant het pienkerige of wit blomme met vyf kroonblare. Hulle is gerangskik in groot blomskerms van tot 20 cm in deursnee. Die plant blom gewoonlik tussen Junie en Oktober. Die eindpuntblomskerms is plat bo en die buitenste kroonblare vergroot.[1]

Die blomme word deur insekte bestuif, veral vlieë.[2]

Verspreiding en gebruik

Die plante kom in Europa en Asië voor, asosok in Noord-Afrika. Die Slawiërs het ’n sop daarvan gemaak wat die voorloper van die moderne borsjt met ’n beetbasis was. Die Slawiese naam vir die plant was Борщевик обыкновенный (Borsjtsjewik obiknowjenni), en dit is waar die sop se naam vandaan kom. Die plant groei in klam graslande en is as voer en menslike kos gebruik – van Oos-Europa tot Siberië en Noordwes-Amerika.[3][4]

Die Slawiërs het bereklou in Mei bymekaargemaak en die stamme, blare en blomskerms opgekap. Dit is op ’n warm plek in water laat lê om te gis. Ná ’n paar dae was dit ’n "mengsel tussen bier en suurkool".[5] Dit is dan gebruik om ’n sop met ’n suur smaak en skerp reuk te kook.[6]

In sommige Oos-Europese lande, veral Roemenië, word dit as ’n seksstimuleermiddel gebruik asook om probleme soos onvrugbaarheid en impotensie te behandel. Dit word ook soms vir epilepsie aanbeveel. Daar is egter geen kliniese studies wat die doeltreffendheid van die plant vir enige van hierdie probleme bewys nie.

Verwysings

  1. Parnell, J. en Curtis, Y. 2012. Webb's An Irish Flora. Cork University Press. ISBN 978-185918-4783
  2. Van Der Kooi, C. J.; Pen, I.; Staal, M.; Stavenga, D. G.; Elzenga, J. T. M. (2015). "Competition for pollinators and intra-communal spectral dissimilarity of flowers" (PDF). Plant Biology. 18: 56. doi:10.1111/plb.12328.
  3. Łuczaj (2013), pp. 20–21.
  4. Kuhnlein & Turner (1986), p. 311.
  5. Łuczaj (2013), p. 21.
  6. Dumanowski, Barszcz, żur i post.

Bronne

  • Pignatti S. - Flora d'Italia – Edagricole – 1982, Vol. II, pag. 237
  • Tutin, T. G. & al. (ed.) (1968). Flora Europaea. (vol.2) Cambridge University Press, Cambridge. [p.365]
  • Łuczaj, Łukasz (2013). Dzika kuchnia (Wild Cuisine) (in Polish). Warszawa: Nasza Księgarnia. ISBN 978-83-10-12378-7. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  • Kuhnlein, Harriet V.; Turner, Nancy J. (1986). "Cow-parsnip (Heracleum lanatum Michx.): an indigenous vegetable of native people of northwestern North America" (PDF). Journal of Ethnobiology. Society of Ethnobiology. 6 (2): 309–324. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Dumanowski, Jarosław; Jankowski, Rafał, reds. (2011). Moda bardzo dobra smażenia różnych konfektów (A Very Good Way of Frying Various Confections). Monumenta Poloniae Culinaria (in Polish). Vol. 2. Warszawa: Muzeum Pałac w Wilanowie. ISBN 978-83-60959-18-3. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.