Henry Bartle Frere
Sir Henry Bartle Edward Frere (Wallis, 29 Maart 1815 – 29 Mei 1884) was 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie.
Sir Henry Bartle Frere | |
Portret van Sir Henry Bartle Frere deur Sir George Reid. | |
Kommissaris van Sind | |
Ampstermyn 1851 – 1859 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Richard Keith Pringle |
Opgevolg deur | Jonathan Duncan Inverarity |
Goewerneur van Moembaai | |
Ampstermyn 1862 – 1867 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | George Russell Clerk |
Opgevolg deur | William Vesey-FitzGerald |
Hoë Kommissaris vir Suider-Afrika | |
Ampstermyn 1877 – 1880 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Henry Barkly |
Opgevolg deur | Henry Hugh Clifford (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 29 Maart 1815 Clydach, Monmouthshire, Wallis, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 29 Mei 1884 Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Alma mater | East India Company College |
Hy word in 1834 aangestel in die Indiese staatsdiens en vertrek na Bombaai. In 1862 word hy aangestel as goewerneur van Bombaai en in 1867 word hy lid van die Raad vir Indië. In 1876 word hy tot ridder geslaan. In 1877 word hy spesiaal deur lord Carnarvon as goewerneur van die Kaapkolonie en hoë kommissaris in Suid-Afrika benoem om federasie van die Suid-Afrikaanse geweste tot stand te bring. Die volgende jaar kom hy in hewige botsing met die eerste minister van die Kaapkolonie, John Molteno, oor die grensoorlog, en ontbind sy ministerie. Gordon Sprigg stel 'n nuwe kabinet saam. Daarna vertrek Frere na Natal, waar sy ultimatum aan Cetshwayo die Anglo-Zoeloe-oorlog ontketen. In 1880 word hy as goewerneur teruggeroep en na Londen ontbied om aanklagte van wanbestuur in die gesig te staar. Hy sterf op 29 Mei 1884 en word in die St. Paulus-katedraal begrawe.
Die dorp Frere in KwaZulu-Natal, Mount Frere in die Oos-Kaap en die Frere-hospitaal in Oos-Londen[1] is na hom vernoem en Lady Frere, in dieselfde provinsie, na sy vrou.
Bronne
- Albertyn, C.F. dr. (hoofred.). 1972. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad: Nasou.
- Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
Verwysings
- Geargiveer 6 Januarie 2012 op Wayback Machine Webwerf van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement