Hendrik Hanekom
Hendrik Andries Hanekom (17 Julie 1896 – 11 Januarie 1952) was ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Hy was getroud met Mathilda Hanekom (gebore De Beer) en hulle het ’n dogter, Tilana, gehad.
Hendrik Andries Hanekom | |
Hendrik Hanekom soos hy verskyn het as Oom Paul, waarskynlik sy grootste rol | |
Geboorte | 17 Julie 1896 |
---|---|
Sterfte | 11 Januarie 1952 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Lig van 'n Eeu |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hendrik het sedert 1912 toneelgespeel, onder andere in sy 1915-toneelstuk Heldinne van die oorlog.[1] In 1925 het hy en Mathilda Die Afrikaanse Toneelspelers, ’n Afrikaanse toneelgeselskap wat 27 jaar bestaan en die land vol getoer het, gestig. Van die stukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Liefde en geldsug, Hans die skipper (deur D.F. Malherbe), Oom Paul (deur Calman Postma), Oorskotjie, Generaal De Wet (ook deur Postma) en Die stille haard. Hulle het ook saam met Paul de Groot toneelgespeel in stukke soos Huis-toe en As mans huishou.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.[2]
Hendrik Hanekom is in op 11 Januarie 1952 op die ouderdom van 55 oorlede.
Filmografie
- Lig van 'n Eeu, 1942
- Die Spoorwegwa waarmee die De Groot-Hanekom-geselskap in 1926 met Huistoe gereis het.
Agter, van links na regs, Henri Steenkap, Maxie Botha, André Huguenet, Anna Marais, Hendrik Hanekom en Wena Naudé.
Voor: Mathilda Hanekom en Paul de Groot.