Hemelvaartsdag

Op Hemelvaartsdag (Latyn: Ascensionis Domini) vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het (vir verdere inligting rakende die godsdienstige betekenis van die dag, sien Hemelvaart). Hemelvaartsdag val op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, wat veroorsaak dat die datum elke jaar anders is. Hemelvaartsdag val wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartsdag val tien dae vóór Pinkster.

Christi Himmelfahrt, skildery deur Gebhard Fugel, ca. 1893
Voorstelling van die hemelvaart deur Giotto di Bondone

In baie lande, waaronder België, Colombia, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Liechtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartsdag 'n vakansiedag in die middel van die week. Daarom word die Vrydag daarna ook "Vaak Vry" genoem. Baie Christene sal ook 'n kerkdiens of mis besoek op hierdie dag. In ander lande, byvoorbeeld Hongarye, Italië, Pole, Portugal en Spanje, gaan mense kerk toe op die Sondag ná Hemelvaart.

In vroeëre jare het mense op Hemelvaartsdag al teen drie uur snags opgestaan om al singend kaalvoet oor gras te loop, omdat hulle geglo het dat dit 'n ritueel is wat magiese en genesende uitwerkings sou hê. Dit word doutrap genoem.

Datum

Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 30 April en die laaste moontlike is 3 Junie. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010
JaarWesteOoste
2000 1 of 4 Junie8 Junie
2001 24 of 27 Mei
2002 9 of 12 Mei13 Junie
2003 29 Mei of 1 Junie5 Junie
2004 20 of 23 Mei
2005 5 of 8 Mei9 Junie
2006 25 of 28 Mei1 Junie
2007 17 of 20 Mei
2008 1 of 4 Mei5 Junie
2009 21 of 24 Mei28 Mei
2010 13 of 16 Mei
2011–2021
JaarWesteOoste
2011 2 of 5 Junie
2012 17 of 20 Mei24 Mei
2013 9 of 12 Mei13 Junie
2014 29 Mei of 1 Junie
2015 14 of 17 Mei21 Mei
2016 5 of 8 Mei9 Junie
2017 25 of 28 Mei
2018 10 of 13 Mei17 Mei
2019 30 Mei of 2 Junie6 Junie
2020 21 of 24 Mei28 Mei
2021 13 of 16 Mei10 Junie
2022–2032
JaarWesteOoste
2022 26 of 29 Mei2 Junie
2023 18 of 21 Mei25 Mei
2024 9 of 12 Mei13 Junie
2025 29 Mei of 1 Junie29 Mei
2026 14 of 17 Mei21 Mei
2027 6 of 9 Mei10 Junie
2028 25 of 28 Mei
2029 10 of 23 Mei17 Mei
2030 30 Mei of 2 Junie6 Junie
2031 22 of 25 Mei
2032 6 of 9 Mei10 Junie

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hemelvaartsdag.
  • (en) "Ascension". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.