Hemelvaart van Moses
Die Hemelvaart van Moses, ook bekend as die Testament van Moses (Hebreeus: עליית משה), is 'n 1ste-eeuse Joodse apokriewe boek. Dit beweer dit bevat geheime profesieë wat Moses aan Josua vertel het voordat hy die leierskap van die Israeliete aan hom oorhandig het. Dit word as 'n testament beskryf.[1]
Die teks is vermoedelik oorspronklik in Hebreeus of 'n ander Semitiese taal geskryf en daarna in Koine vertaal. Die enigste manuskrip wat bewaar gebly het, is 'n 6de-eeuse Latynse vertaling van die Griekse teks. Die manuskrip was onvolledig, en die res van die teks is verlore. Uit verwysings in antieke werke lyk dit of die vermiste teks handel oor 'n dispuut oor die liggaam van Moses tussen die aartsengel Migael en die duiwel.
Verwysings
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.