Helium-3
Helium-3 (32He) is 'n seldsame isotoop van die element helium. Dit word deur die verval van tritium gevorm.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Helium-3 | |||||||||||||||
Protone | 2 | |||||||||||||||
Neutrone | 1 | |||||||||||||||
Kernspin | ½ | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 0,000137% | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Die isotoop is in 1939 deur Alvarez en Corneg ontdek. In teenstelling met helium-4 bevat die kern van hierdie isotoop nie 'n ewe aantal deeltjies en daardeur 'n kernspin wat nul is nie. [1]Dit beteken dat die deeltjie 'n fermion is pleks van 'n boson en die eienskappe onderkant 4,2K is baie verskillend.
Helium-3 is hier op aarde baie seldsaam, maar dit is volop in die sonwind en waarskynlik ook op die maanoppervlak wat hieraan blootgestel is. Omdat die isotoop dalk aantreklik vir kernfusie is, was daar voorstelle gewees om dit op die maan te myn.[2]
Die son
Helium-3 speel 'n belangrike rol in die kernfusiereaksies wat in die son plaasvind. Dit word deur 'n reaksie tussen protium en deuterium gevorm:[3]
- reaksietyd 5,7 sekonde
Twee helium-3-kerne reageer daarna metmekaar:
- reaksietyd 100 mj.
Verwysing
- Properties of Liquid Helium 3 B.M. Abraham, D.W. Osborne, B. Weinstock Science Feb. 1953, bls. 121-126
- ESA
- Tritium: Fuel of Fusion Reactors Tetsuo Tanabe Springer, 2016, ISBN 4431564608, ISBN 9784431564607
Ligter: diproton |
Helium-3 is 'n isotoop van helium |
Swaarder: helium-4 |
Vervalproduk van: litium-4 (p) waterstof-3 (β−) |
Vervalketting van helium-3 |
Verval na: stabiel |