Helder reus
'n Helder reus is 'n ster met 'n ligsterkteklas van II. Hulle lê tussen reusesterre en superreuse op die Hertzsprung-Russell-diagram. Hulle kan van enige spektraaltipe wees.
Van die bekendste helder reuse is:
- Epsilon Canis Majoris (Adhara), ’n blou-wit B-tipe
- Gamma Ursae Minoris (Pherkad), ’n wit A-tipe
- Theta Scorpii (Sargas), ’n wit F-tipe
- Beta Capricorni (Dabih), ’n geel-wit G-tipe
- Alpha Hydrae (Alphard), ’n oranje K-tipe
- Alpha Herculis (Rasalgethi), ’n rooi M-tipe
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.