Heksahidriet
Heksahidriet is 'n mineraal wat veral uit 'n heksahidraat van magnesiumsulfaat bestaan.
Heksahidriet | |
---|---|
![]() | |
Formule | MgSO4.6H2O |
Nickel-Strunz (10) | 7.CB.25 |
Kleur | kleurloos, wit, liggroenerig wit[1] |
Streep | wit[1] |
Glans | minder as glasagtig, pêrelagtig, dof, aardagtig [1] |
Hardheid | 2-2,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 1,757 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (-) |
RI-waardes | nα = 1.426 nβ = 1.453 nγ = 1.456[1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | monoklinies |
Ruimtegroep | C2/c |
Nommer | 15 |
Eenheidsel | a = 1011,0 pm, b = 721,2 pm, c = 2441 pm
β = 98.30°[2] |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Daar word geen duidelike kristalle waargeneem nie. Dit bestaan dikwels uit ietwat growwe of soms delikate veselagtige strukture en dit kom in rots voor wat chemiese verandering ondergaan het.[1]
Kristalstruktuur
Heksahidriet kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat isomorfies is met CoSO4.6H2O s'n.[2] Die struktuur bestaan uit oktaëdriese [Mg(H2O)6]2+-katione en tetraëdriese SO2−4-anione. Katione en anione word deur 'n netwerk van waterstofbindings verbind. Van die 12 waterstofbindings word elf deur die anione aanvaar en een deur 'n suurstofatoom van 'n watermolekule.[3]
Verwysings
- "mindat 1891" (in Engels). Besoek op 20 Augustus 2023.
- Zalkin, A., Ruben, H. and Templeton, D.H. (1964). "The crystal structure and hydrogen bonding of magnesium sulfate hexahydrate". Acta Cryst. 17: 235–240. doi:10.1107/S0365110X64000603.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - Andrei S. Batsanov (2000). "Magnesium sulfate hexahydrate at 120 K". Structural Chemistry. 56 (6): e230–e231. doi:10.1107/S0108270100006442.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.