Heilbron

Heilbron is 'n dorp in die noord-ooste van die Vrystaat, in Suid-Afrika.

Moenie Heilbron in die Vrystaat met Heilbronn in Duitsland verwar nie.
Heilbron
Ou spoorwegstasie in Heilbron
Ou spoorwegstasie in Heilbron
Heilbron is in Vrystaat
Heilbron
Heilbron
 Heilbron se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°17′1″S 27°58′15″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitNgwathe
Stigting1939
Oppervlak
  Totaal11,91 km2 (4,60 vk. myl)
Hoogte
1 540 m (5 050 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal5 486
  Digtheid461/km2 (1 190/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense27.8%
  Indiërs/Asiërs0.9%
  Bruin mense1.1%
  Swart mense69.3%
  Ander1.0%
Taal (2011)
  Sotho59.6%
  Afrikaans29.1%
  Zoeloe5.5%
  Engels2.0%
  Ander3.9%
Poskode (strate)
9650
Poskode (posbusse)
9650
Skakelkode058
Webwerfhttp://www.heilbron.info/

Geskiedenis

Die NG moederkerk Heilbron, ontwerp deur David McArthur, is in 1885 ingewy
Bron van heil

In 1872 is die plaas Rietfontein aangekoop waarop 'n nuwe dorp uitgelê is. Erwe is in dieselfde jaar verkoop. Die dorp het sy naam van die sterk warmwaterbron daar naby verkry. Munisipale status is in 1890 toegeken. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Heilbron die hoofstad van die Vrystaat toe President MT Steyn sy hoofkwartier daar gehad het. Toe die Britte die dorpie daarna beset het, het die regering na 'n koppie tussen Heilbron en Frankfort verskuif. Die koppie staan vandag nog bekend as Presidentkoppie.

Distrik

Die distrik is 3 580 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, koring, sorghum, sonneblomsaad, vee en suiwelprodukte. Vegkop, waar die Slag van Vegkop plaasgevind het, lê 25 km suid van die dorp.

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. "Hoofplek Heilbron". Sensus 2011.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.