Hayao Miyazaki

Hayao Miyazaki (宮崎 駿 Miyazaki Hayao, gebore op 5 Januarie 1941[1]) is 'n Japanse rolprentrentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer, animeerder, outeur en manga-kunstenaar. In 'n loopbaan wat oor vyf dekades strek, het Miyazaki internasionale roem verdien as 'n meesterlike storieverteller en as vervaardiger van anime-vollengte-rolprente, saam met Isao Takahata, medestigter van Studio Ghibli, 'n rolprent- en animasieateljee.

Hayao Miyazaki
Hayao Miyazaki in 2008
Gebore
宮崎 駿

5 Januarie 1941 (1941-01-05)
Bunkyō, Tokio, Japan
NasionaliteitVlag van Japan Japan
BeroepFilmregisseur, produsent, draaiboekskrywer, animeerder, skrywer, manga kunstenaar
EggenootAkemi Ōta (1965–hede)
KindersGorō Miyazaki
Keisuke Miyazaki

Miyazaki is in Bunkiō, Tokio, gebore en het sy animasieloopbaan in 1963 begin toe hy by Toei Animasie aangesluit het. Daarna het Miyazaki as 'n tussenraam-kunstenaar vir Gulliver's Travels Beyond the Moon gewerk, waar hy idees voorgestel het wat eindelik die fliek se einde geword het. Hy het aangehou om in verskillende rolle in die animasiebedryf te werk totdat hy sy eerste vollengte fliek, Lupin III: The Castle of Cagliostro, geregisseer het, wat in 1979 uitgereik is. Na die sukses van sy volgende fliek, Nausicaä of the Valley of the Wind (1984), het hy Studio Ghibli saam met ander begin, waar hy aangehou het om baie rolprente te vervaardig. Hoewel Miyazaki se flieks reeds lank kommersiële en kritiese sukses in Japan behaal het, was hy grootliks onbekend in die Weste totdat Miramax Films in 1997 Princess Mononoke uitgereik het. Princess Mononoke was vir 'n rukkie die fliek in Japan wat die meeste verdien het, totdat dit deur 'n ander 1997-fliek, Titanic, verbygegaan is. Dit was die eerste geanimeerde fliek om Rolprent van die Jaar by die Japanse Academy-toekennings te wen. Miyazaki se volgende fliek, Spirited Away (2001), het as Rolprent van die Jaar by die Japanse Academy-toekennings gewen, en was die eerste anime-fliek wat 'n Amerikaanse Academy-toekenning gewen het.

Miyazaki se flieks bevat dikwels herhalende temas soos die mensdom se verhouding met die natuur en tegnologie, en hoe moeilik dit is om 'n pasifistiese etiek te behou. Sy rolprente se protagoniste is dikwels sterk meisies of jong vroue.[2] Hoewel twee van sy flieks, The Castle of Cagliostro en Castle in the Sky, tradisionele skurke bevat, het ander flieks soos Nausicaä en Princess Mononoke moraal meerduidige antagoniste met ook goeie eienskappe. Hy was die medeskrywer van die fliek The Secret World of Arrietty, wat in Julie 2010 in Japan en in Februarie 2012 in die VSA uitgereik is; asook van From Up on Poppy Hill, wat in Julie 2011 in Japan en in Maart 2013 in die VSA uitgereik is. Miyazaki se jongste fliek, The Wind Rises, is op 20 Julie 2013 uitgereik en is in Februarie 2014 internasionaal vertoon.[3] Die fliek het aan hom sy derde Amerikaanse Academy-toekenning-benoeming besorg, en sy eerste Golden Globe-benoeming. Miyazaki het op 1 September 2013 aangekondig dat The Wind Rises sy laaste vollengte rolprent sal wees.[4][5] In November 2014 is aan Miyazaki 'n ere-Academy-toekenning[6] toegeken vir sy invloed op animasie en die rolprentkuns. Hy is die tweede Japanse rolprentmaker wat dié toekenning gewen het naas Akira Kurosawa in 1990.[7] In 2002 het die Amerikaanse fliekkritikus Roger Ebert te kenne gegee dat Miyazaki dalk die beste animasie-rolprentmaker in die geskiedenis is, en het die diepte en kunstigheid van sy rolprente geprys.[8]

Vroeë lewe

Miyazaki is in die dorpie Akebono-cho in Bunkiō, Tokio, gebore, die tweede van vier seuns aan wie Katsuji Miyazaki geboorte geskenk het.[1][9] Sy pa was direkteur van Miyazaki Airplane, wat rigtingsroere vir A6M Zero-vegvliegtuie tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak het.[10] Gedurende die oorlog, toe Miyazaki net drie jaar was, het die familie na Utsunomiya gevlug en later na Kanuma in die Tochigi Prefecture waar die Miyazaki-vliegtuigfabriek gesetel was. Miyazaki het al gesê sy familie was welaf en kon gemaklik gedurende die oorlog leef vanweë sy pa en oom se winsgewende werk in die oorlogbedryf, maar hy het ook daarop gewys dat die nagtelike brandbomaanvalle op Utsunomiya toe hy maar vier en 'n half jaar oud was, 'n blywende indruk op hom gelaat hom. Tydens 'n lesing op 22 Mei 1988 by die fliekfees in Nagoya het hy weer vertel hoe sy familie haastig die aftog uit die brandende dorp geblaas het, sonder om 'n geleentheid aan te bied vir ander mense wat vervoer nodig gehad het, en hy onthou hoe die brande die naglug verkleur het toe hy terugkyk na die stad toe hulle op 'n veilige afstand was.[11]

In 1947 het Miyazaki met skool begin by die Utsunomiya City-laerskool, waar hy die eerste, tweede en derde graad voltooi het voordat sy gesin teruggetrek het na Suginami-ku, waar hy graad vier by die Omiya-laerskool voltooi het. Vir graad vyf het hy na die nuwe Eifuku-laerskool gegaan.[9]  Nadat Miyazaki klaar was met laerskool, is hy na die Omiya-middelskool. In hierdie tyd het Miyazaki se ma aan spinale tuberkulose gely en was bedlêend van 1947 tot 1955. Sy het die eerste paar jaar meestal in die hospitaal deurgebring, maar was uiteindelik in staat om tuis versorg te word. Vandat hy klein was wou Miyazaki 'n mangaskrywer word. Hy het die geïllustreerde stories in seunstydskrifte gelees en erken die invloed van skeppende kunstenaars in die medium, soos Tetsuji Fukushima (福島鉄次), Soji Yamakawa en Osamu Tezuka. Dit was weens Tezuka se invloed dat Miyazaki later heelwat van sy vroeëre werk vernietig het, omdat hy geglo het dit was "onvanpas" om Tezuka se styl na te boots omdat dit sy eie ontwikkeling as kunstenaar belemmer het.

Nadat Miyazaki klaar was met die Omiya-middelskool is hy na die Toyotama-hoërskool. In sy derde jaar is Miyazaki se belangstelling geprikkel deur The Tale of the White Serpent.[9] Hy het "verlief geraak" op die fliek se heldin en dit het 'n diep indruk op hom gemaak. Soos Helen McCarthy dit stel: "Hy het besef om sukses te behaal as 'n mangaskrywer deur dit wat in die mode was na te doen, was gekkigheid, en het besluit om getrou te wees aan sy ware gevoel, selfs al beteken dit dat hy dwaas lyk." Sy belangstelling het werklik posgevat teen die tyd dat hy hoërskool begin het. Hy was vasbeslote om een of ander soort kunstenaar te word. Sy belangstelling was grootliks in anime en manga toe die twee in daardie tyd begin opgang maak het.[12] Om 'n animeerder met 'n onafhanklike styl te word, moes Miyazaki leer om die menslike figuur te teken.[1] Nadat hy klaar was met Toyotama, het Miyazaki Gakushuin-universiteit bygewoon en was 'n lid van die universiteit se "Kinderletterkunde-navorsingklub", die "naaste ding aan 'n strokiesprentklub in daardie dae". Miyazaki het in 1963 by Gakushuin gegradueer met grade in politieke wetenskap en ekonomie.[1]

Animasieloopbaan

Vroeë loopbaan en Toei Animasie

In April 1963 het Miyazaki 'n werk gekry by Toei Animasie, waar hy as 'n tussenraamkunstenaar gewerk het aan die bioskooprolprent Watchdog Bow Wow en die TV-anime Wolf Boy Ken. Kort nadat hy daar aangekom het, was hy 'n leier in 'n arbeidstwis, en het in 1964 hoofsekretaris geword van Toei se vakbond. Hy het die eerste keer erkenning gekry toe hy in 1965 as 'n tussenraamkunstenaar op die Toei-produksie Gulliver's Travels Beyond the Moon gewerk het. Vir hom was die oorspronklike einde van die draaiboek onbevredigend en hy het sy eie voorgestel, wat die einde geword het wat in die voltooide fliek gebruik is.

In 1968 het Miyazaki 'n belangrike rol gespeel as hoofanimeerder, konsepkunstenaar en toneelontwerper in Hols: Prince of the Sun, 'n mylpaal- geanimeerder rolprent. Deur die medewerkingproses wat vir die projek aanvaar is, kon hy sy idee en werk bydra aan sy mentor, die animasieregisseur Yasuo Ōtsuka, wie se vindingryke benadering tot animasie 'n geweldige uitwerking op Miyazaki se werk gehad het. Die fliek is deur Isao Takahata geregisseer, met wie hy die res van sy loopbaan saamgewerk het. In Kimio Yabuki se Puss in Boots (1969) het Miyazaki weer belangrike animasie verskaf, asook ontwerpe, beelddraaiboeke (storyboards) en storie-idees vir belangrike tonele in die fliek, waaronder die jaagtoneel-hoogtepunt. Hy het ook die manga geïllustreer, as 'n promosie-koppelproduk vir hierdie produksie van Puss in Boots. In die 1970's het Toei Animasie nog twee opvolgflieks van die Puss in Boots van hierdie fliek gemaak, en die karakter het uiteindelik die gelukbringer van die ateljee geword, maar Miyazaki was nie by enige van die opvolge betrokke nie. Kort daarna het Miyazaki tonele in die draaiboek vir Flying Phantom Ship voorgestel, waarin militêre tenks in Tokio se middestad ingery kom en massahisterie veroorsaak, en is in diens geneem om die beelddraaiboek vir hierdie tonele te skep en dit te animeer. In 1971 het Miyazaki 'n deurslaggewende rol gespeel om die struktuur, karakters en ontwerpe vir Hiroshi Ikeda se verwerking van Animal Treasure Island te ontwikkel, asook in die verwerking van Ali Baba and the Forty Thieves deur Hiroshi Shidara. Miyazaki het ook gehelp met die beelddraaiboek en belangrikste animasie van die vernaamste tonele in albei rolprente en het 'n reklamemanga vir Animal Treasure Island gemaak.

In Augustus 1971 het Miyazaki Toei vir A Pro verlaat, waar hy die mederegisseur was van 14 episodes van die eerste Lupin III-reeks saam met Isao Takahata. In daardie jaar het die twee ook met die voorproduksie van 'n Pippi Longstocking-reeks en het omvattende beelddraaiboeke daarvoor geteken. Nadat hy egter na Swede gereis het om navorsing vir die fliek te doen en die skrywer, Astrid Lindgren, te ontmoet, is toestemming geweier om die projek te voltooi en dit is gevolglik gekanselleer. In 1972 en 1973 het Miyazaki twee Panda! Go, Panda!-kortflieks uitgedink, geskryf, ontwerp en geanimeer, wat deur Takahata geregisseer is.

Nadat hulle in 1974 na Zuiyo Eizo getrek het, het hy as 'n animeerder aan die World Masterpiece Theater saam met Takahata gewerk, wat die verwerking ingesluit het van die eerste deel van Johanna Spyri se Heidi-roman in die geanimeerde televisiereeks Heidi, Girl of the Alps. Die maatskappy het in 1975 sy naam verander na Nippon Animasie. Miyazaki was ook die regisseur van die televisiereeks Future Boy Conan (1978), 'n verwerking van die kinderroman The Incredible Tide deur Alexander Key. Die hoofantagonis is die leier van die stadstaat Industria wat probeer om verlore tegnologie te laat herleef. Die reeks het ook verder uitgewei op die karakters en gebeurtenisse in die boek, en is 'n vroeë voorbeeld van die karakterisering wat regdeur Miyazaki se latere werk voorkom: 'n meisie wat in voeling is met die natuur, 'n krygsvrou wat onheilspellend lyk, maar wat nie 'n antagonis is nie, en 'n seun wat lyk of hy vir die meisie bestem is. Die reeks spog ook met verbeeldingryke lugvaartuigontwerpe.

Deurbraakflieks en Spirited Away

Miyazaki het Nippon Animasie in 1979 in die middel van die produksie van Anne of Green Gables verlaat en oorgegaan na die TMS Entertainment-filiaal Telecom Animation Film om sy eerste vollengte animerolprent The Castle of Cagliostro (1979), 'n Lupin III-avontuurfliek, te regisseer. In 1981 het 'n afvaardiging van TMS-animeerders insluitend Miyazaki die Disney-animasieateljee in die VSA besoek waar hulle 'n uittreksel uit The Castle of Cagliostro vertoon het. Die uittreksel het 'n jong Disney-animeerder, John Lasseter, geraak en sterk beïnvloed. Hy het een van Miyazaki se grootste aanhangers geword, en nadat hy 'n suksesvolle regisseur by Pixar geword het, het hy sy eie invloed gebruik om bewustheid van Miyazaki se werk onder Amerikaanse gehore te kweek.[13] Gedurende die vroeë 1980's het Miyazaki ook ses episodes geregisseer van Sherlock Hound, 'n Italiaans-Japanse ko-produksie tussen TMS Entertainment en die televisiestasie RAI, wat Sherlock Holmes-verhale oorvertel met die gebruik van antromorfe diere. Hierdie episodes is die eerste keer in 1984–85 uitgesaai. In Japan is 'n kortflieks wat op die eerste twee episodes gegrond is in bioskope uitgereik in Maart 1994.

Miyazaki se volgende fliek, Nausicaä of the Valley of the Wind, wat op 11 Maart 1984 uitgereik is, is 'n verwerking van sy mangareeks met dieselfde titel. Dit is 'n wetenskapfiksie-avontuur waarin hy baie van die herhalende temas bekend stel wat hy regdeur sy loopbaan sou ondersoek: 'n besorgdheid oor ekologie, menslike interaksie en uitwerking op die omgewing; 'n aangetrokkenheid tot lugvaartuie en vlieg; pasifisme, asook 'n anti-militêre streep; feminisme; moreel verwikkelde karakterisering, veral onder skurke; en liefde. Met die stemme van Sumi Shimamoto, Yōji Matsuda, Iemasa Kayumi, Gorō Naya en Yoshiko Sakakibara, was hierdie die eerste rolprent wat sowel geskryf as geregisseer is deur Miyazaki. Die fliek en die manga het gemeenskaplike wortels in die idees wat Miyazaki in die vroeë 1980's uitgedink het. 'n Vervolgverhaal in manga het in die Februaire 1982-uitgawe van Tokuma Shoten se Animage-tydskrif begin. Die intrige van die fliek stem rofweg ooreen met die eerste 16 hoofstukke van die manga. Miyazaki het aangehou om die storie uit te brei oor nog 'n dekade nadat die fliek uitgereik is. Die suksesvolle samewerking met die skep van die manga en die fliek het die grondslag gelê vir ander samewerkingsprojekte.[14]

Die Nibariki-kantoor is April 1984 begin, gedeeltelik om kopiereg te bestuur. In Junie 1985 het Miyazaki, Takahata en Yasuyoshi Tokuma, Tokuma Shoten se voorsitter, die animasieproduksiemaatskappy Studio Ghibli begin met finansiering van Tokuma Shoten. Sy eerste fliek saam met Ghibli, Laputa: Castle in the Sky (1986), vertel van die avontuur van Mayumi Tanaka en Keiko Yokozawa, terwyl hulle na 'n toweragtige kasteel-eiland soek wat in die lug sweef; My Neighbor Totoro (Tonari no Totoro, 1988) vertel van die avontuur van twee meisies, met die stemme van Noriko Hidaka en Chika Sakamoto, en hulle interaksie met woudgeeste; en Kiki's Delivery Service (1989), aangepas van die 1985-roman met dieselfde naam deur Eiko Kadono, vertel die storie van 'n meisie van 'n klein dorpie, met die stem van Minami Takayama, wat haar tuiste verlaat om lewe as 'n heks in 'n groot stad te begin. Miyazaki se aangetrokkenheid tot vlieg is duidelik in al hierdie flieks, en wissel van die ornithopters waarmee die seerowers in Castle in the Sky vlieg, tot die Totoro en die Katbus wat deur die lug sweef, en Kiki wat op haar besem vlieg.

In 1992 het Miyazaki Porco Rosso, geregisseer, 'n avontuurfliek wat in die Adriatiese see in die 1920's afspeel. Die rolprent was 'n merkbare nuwe rigting vir Miyazaki aangesien die hoofkarakter 'n volwasse man was, 'n anti-fascistiese vlieënier wat getransformeer is in 'n antropomorfiese vark. Die rolprent gaan oor 'n losprysjagter, met die stem van Shūichirō Moriyama, en 'n Amerikaanse huursoldaat, met die stem van Akio Ōtsuka. Die fliek ondersoek die spanning tussen selfsugtigheid en plig. Porco Rosso is op 19 Julie 1992 uitgereik. Daardie Augustus het Studio Ghibli sy hoofkantoor in Koganei, Tokio, gevestig.[15]

In 1995 het Miyazaki met werk aan Princess Mononoke begin. Met die stemme van Yuriko Ishida, Yōji Matsuda, Akihiro Miwa en Yūko Tanaka, is die storie oor die stryd tussen die dieregeeste wat die woud bewoon en die mense wat die woud uitbuit vir industrie, wat uitloop op 'n ongemaklike saambestaan en verhoudings wat die grense tussen die hoofkarakters te bowe kom. In Mononoke het hy die ekologiese en politieke temas herbesoek en aangehou met sy filmiese ondersoek na die kortstondigheid van bestaan wat hy in Nausicaä of the Valley of the Wind begin het. Albei flieks het die wortels in idees en illustrasies wat hy in die laat 1970's en vroeë 1980's geskep het, maar Helen McCarthy wys daarop dat Miyazaki se visie ontwikkel het "van die utopiese visies van Nausicaä of the Valley of the Wind tot die volwasse en welwillende humanisme van Princess Mononoke". Die rolprent is op 19 Julie 1997 uitgereik en was sowel 'n finansiële as kritiese sukses; dit het die Japan Academy-prys vir Beste Rolprent gewen. Yvonne Tasker sê: "Princess Mononoke verteenwoordig 'n draaipunt in Miyazaki se loopbaan nie net omdat dit Japanse loketrekords gebreek het nie, maar ook waarskynlik omdat dit die toetreding tot die globale animasiemarkte verteenwoordig het (deur 'n verspreidingsooreenkoms met Disney)." Miyazaki het semi-afgetree nadat hy Princess Mononoke geregisseer het. Terwyl hy aan die fliek gewerk het, het Miyazaki 80 000 van die fliek se raampies self oorgeteken. Hy het ook in een stadium gesê dat Princess Mononoke sy laaste rolprent sou wees.[16] Tokuma Shoten het daardie Junie met Studio Ghibli saamgesmelt.[15]

Gedurende hierdie tydperk van semi-aftrede het Miyazaki tyd saam met die dogters van 'n vriend deurgebring. Een van hierdie vriende sou die inspirasie word vir Miyazaki se volgende fliek, wat ook sy grootste kommersiële sukses tot op hede sou word, Spirited Away. Die fliek se stemhoofspelers is Rumi Hiiragi, Mari Natsuki en Miyu Irino, en is die storie van 'n meisie wat gedwing word om in 'n bisarre geesteswêreld te oorleef en werk in 'n badhuis vir geeste nadat haar ouers in varke verander is deur die towenares wat dit besit. Die fliek is in Julie 2001 uitgereik en het ¥30.4 miljard (sowat $300 miljoen) by die loket verdien. Dit is krities hoog aangeskryf en is as een van die beste flieks van die 2000's beskou.[17] Dit het 'n Japan Academy-prys gewen, 'n Golden Bear-toekenning by die 2002 Berlin Internasionale Rolprentfees, en 'n Academy-toekenning vir Beste Animasierolprent. In sy boek Otaku skryf Hiroki Azuma: "Tussen 2001 en 2007 het otaku-produkte en -markte heel vinnig sosiale erkenning in Japan gekry," en noem dan Miyazaki se oorwinning by die Academy-toekennings vir Spirited Away onder sy voorbeelde.[18]

21ste eeu

In Julie 2004 het Miyazaki produksie aan Howl's Moving Castle, gegrond op Diana Wynne Jones se fantasieroman van 1986 met dieselfde titel, afgehandel. Miyazaki het sy aftrede beëindig met die skielike vertrek van Mamoru Hosoda, die fliek se oorspronklike regisseur. Die fliek se premier was in 2004 by die Venisiese Internasionale Rolprentfees en is op 24 November 2004 uitgereik en het weer positiewe resensie gekry. Dit het die Goue Osella-toekenning vir animasietegnologie gewen, en is benoem vir die Oscar vir Beste Animasierolprent.

Miyazaki het in 2005 'n lewenswerk-toekenning by die Venisië-rolprentfees gekry. Op 10 Februarie 2005 het Studio Ghibli aangekondig dat hy sy verhouding met Tokuma Shoten opskort. Die ateljee het sy hoofkantoor na Koganei, Tokio, geskuif en die kopiereg en besigheidsregte op Miyazaki se werke van Tokuma Shoten verkry.[19][20]

In 2006 het Miyazaki se seun Gorō Miyazaki sy eerste rolprent, Tales from Earthsea, voltooi, met die stemme van Jun'ichi Okada and Bunta Sugawara, wat gegrond is op etlike stories van Ursula K. Le Guin. Hayao Miyazaki het lank daarna gestreef om 'n anime van hierdie werk te doen en het etlike kere toestemming gevra van die skrywer. Hy is egter elke keer toestemming geweier. Pleks daarvan het die Miyazaki Nausicaä of the Valley of the Wind en Shuna no Tabi (The Journey of Shuna) vervaardig as plaasvervangers (party van die idees van Shuna no Tabi is in hierdie fliek aangewend). Toe Le Guin uiteindelik gevra het dat Miyazaki 'n anime-verwerking van haar werk vervaardig, het hy geweier, want hy het die begeerte verloor om dit te doen. Le Guin onthou dit anders: "In Augustus 2005 het mnr. Toshio Suzuki van Studio Ghibli saam met mnr. Hayao Miyazaki ons besoek om met my en my seun (wat die trust beheer wat die kopiereg op Earthsea besit) te praat. Ons het 'n aangename kuier in my huis gehad. Dit is aan ons verduidelik dat mnr. Hayao wil aftree van rolprente maak en dat die familie en ateljee wou hê dat mnr. Hayao se seun Gorō, wat nog nooit enigsins 'n rolprent gemaak het nie, hierdie een maak. Ons was baie teleurgesteld, en ook angstig, maar ons is die indruk gegee, trouens die versekering gegee, dat die projek altyd onderhewig sou wees aan mnr. Hayao se goedkeuring. Met hierdie verstandhouding het ons 'n ooreenkoms aangegaan." Regdeur die fliek se produksie het Gorō en sy pa nie met mekaar gepraat nie, weens 'n twis of oor Gorō gereed was om te regisseer of nie.[21] Dit sou aanvanklik deur Miyasaki vervaardig word, maar hy het dit van die hand gewys omdat hy reeds in die middel was van die vervaardiging van Howl's Moving Castle. Ghibli het besluit om Gorō, wat tot in daardie stadium nog nie die hoof van 'n geanimeerde fliek was nie, die vervaardiger te maak. Tales from Earthsea is op 29 Julie 2006 uitgereik, en het gemengde resensies gekry.

In 2006 het Nausicaa.net berig dat Hayao Miyazaki beplan om 'n ander fliek te regisseer, wat na bewering in Kobe afspeel. Een van die plekke wat Miyazaki se span gedurende voorproduksie besoek het, was 'n ou kafee wat deur 'n bejaarde egpaar bestuur is, en die uitsig op die stad van hoog in die berge. Die presiese ligging van hierdie plekke is uit Studio Ghibli se produksiedagboeke verwyder. Die ateljee het ook aangekondig dat Miyazaki begin het om beelddraaiboeke vir die fliek te skep en dat hulle in waterverf gemaak is omdat die fliek 'n "ongewone visuele styl" sou hê. Studio Ghibli het gesê die produksietyd sou sowat 20 maande wees, met die verwagte uitreiking in die somer van 2008.

In 2007 is die fliek se amptelike titel in die openbaar aangekondig as Gake no ue no Ponyo,[22] wat uiteindelik hernoem is na Ponyo vir sy internasionale uitreiking. Die fliek bevat die stemme van Yuria Nara, Hiroki Doi, Tomoko Yamaguchi, Kazushige Nagashima, George Tokoro en Yūki Amami. Toshio Suzuki het daarop gewys dat "70% tot 80% van die fliek by die see plaasvind. Dit sal 'n regisseur se uitdaging wees oor hoe hulle die see en sy golwe met vryhandtekeninge weergee." Ponyo is in 19 Julie 2008 uitgereik, het positiewe resensies gekry en die fliek het wêreldwyd $202 miljoen verdien.

Miyazaki was later die medeskrywer van die Studio Ghibli se volgende rolprent, The Secret World of Arrietty, gegrond op Mary Norton se 1952-roman The Borrowers. Die fliek was die regisseursdebuut van Hiromasa Yonebayashi, 'n Ghibli-animeerder. Met die stemme van Mirai Shida, Ryunosuke Kamiki, Tomokazu Miura, Keiko Takeshita, Shinobu Otake en Kirin Kiki, fokus die fliek op 'n klein familie wat bekend staan as die Borrowers wat moet sorg dat hulle nie opgespoor word nadat mense hulle ontdek het nie. Die fliek is op 17 Julie 2010 uitgereik, het weer positiewe resensies gekry, en het wêreldwyd $145 miljoen verdien. In 2011 was Miyazaki die medeskrywer van From Up on Poppy Hill, gegrond op die 1980-manga met dieselfde titel, geskryf deur Tetsurō Sayama en geïllustreer deur Chizuru Takahashi. In die hoofrolle was die stemme van Masami Nagasawa, Junichi Okada, Shunsuke Kazama en Teruyuki Kagawa. Dit speel af in Yokohama en die storie fokus op Umi Matsuzaki, 'n hoërskoolleerling wat gedwing word om self die mas op te kom wanneer haar matroospa in die kusdorpie wegraak. Die fliek is op 16 Julie 2011 uitgereik, en het weer eens positiewe resensies gekry.

Op 13 Desember 2012 het Studio Ghibli aangekondig dat Miyazaki besig was om te werk aan sy volgende fliek, The Wind Rises, gegrond op die manga met dieselfde naam, met planne om dit terselfdertyd as The Tale of the Princess Kaguya uit te reik.[23] Die fliek het die stemme van Hideaki Anno, Hidetoshi Nishijima, Masahiko Nishimura en Miori Takimoto in die hoofrolle. The Wind Rises vertel die storie van Jiro Horikoshi, die ontwerper van die Mitsubishi A6M Zero-vegvliegtuig wat in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die fliek is op 20 Julie 2013 uitgereik.

Op 1 September 2013 het verskeie Japanse televisienetwerke, insluitend NHK, berig oor die aankondiging by die Venisië-rolprentfees deur Ghibli se president, Koji Hoshino, dat Miyazaki gaan aftree van die maak van vollengteanimasierolprente. Miyazaki het sy aftrede bevestig by 'n mediakonferensie in Tokio op 6 September 2013.[5][24]

Ondanks Miyazaki se aftrede is berig dat hy 'n kortfliek, Boro the Caterpillar, ontwikkel, wat eksklusief by die Studio Ghibli-museum in Mitaka, Tokio, in 2018 vertoon sal word.[25]

Manga-loopbaan

Miyazaki het nooit sy kinderdroom om 'n manga-kunstenaar te word opgegee nie. Sy professionele loopbaan in hierdie medium het in 1969 begin met die publikasie van sy manga-interpretasie van Puss in Boots. Dit was 'n vervolgverhaal in 12 hoofstukke in die Sondag-uitgawe van Tokyo Shimbun, van Januarie tot Maart 1969. Dit is in kleur gedruk en is vir promosiedoeleindes geskep tesame met sy werk aan Yabuki se animasiefliek.

In dieselfde jaar het 'n vervolgverhaal van Miyazaki se oorspronklike manga People of the Desert onder 'n skuilnaam verskyn. Dit is geskep in die styl van die geïllustreerde stories wat hy in seunstydskrifte en Tankōbon-bundels gelees het terwyl hy grootgeword het, soos Soji Yamakawa se Shōnen ōja (少年王者) en veral Tetsuji Fukushima se Evil Lord of the Desert (沙漠の魔王). Miyazaki se Desert People is 'n voortsetting van daardie tradisie en 'n voorloper van sy eie skepping Nausicaä of the Valley of the Wind en The Journey of Shuna. In People of the Desert word verklarende teks apart van die monochroom-illustrasies aangebied met bykomende teksbalonne binne panele vir dialoog. 26 hoofstukke is as die vervolgverhaal Boys and Girls Newspaper (少年少女新聞) aangebied tussen 12 September 1969 (uitgawe 28) en 15 Maart 1970 (uitgawe 53). Dit is onder die skuilnaam Akitsu Saburō (秋津三朗) gepubliseer. Sy manga-interpretasie van Animal Treasure Island, wat tesame met Ikeda se animasierolprent gemaak is, is as vervolgverhaal aangebied in die Sondag-uitgawe van Tokyo Shimbun van Januarie tot Maart 1971 (13 hoofstukke, in kleur).

Sy vernaamste werk in die mangaformaat is Nausicaä of the Valley of the Wind, wat met tussenposes van 1981 tot 1994 geskep is. In Japan is dit die eerste keer as vervolgverhaal aangebied in Tokuma Shoten se maandelikse tydskrif Animage en is versamel, na effense aanpassings, in sewe tankōbon-bundels, wat 1060 bladsye beslaan. Nausicaä is vertaal en is buite Japan uitgereik en het wêreldwyd miljoene eksemplare verkoop. Op 11 Maart 1984 is die animefliek met dieselfde titel uitgereik. Die karakters en tonele van die manga en rolprent het hul gemeenskaplike wortels in die beeldborde wat Miyazaki in die laat 1970's en vroeë 1980's geskep het om sy idees te visualiseer. Die anime is 'n vermenging van die eerste sestien hoofstukke van die manga. In die manga ondersoek Miyazaki die temas vollediger en in meer diepte met 'n groter verskeidenheid karakters en 'n meer uitgebreide heelal wat hy aanhou uitbrei het oor die dekade nadat die fliek uitgereik is. Die Nausicaä-panele is in monochroom gedruk in sepia-kleur ink.

Ander werke sluit The Journey of Shuna in, wat in 1983 uitgereik is, en Hikōtei Jidai, wat eers in 1989 as 'n vervolgverhaal in Model Graphix verskyn het. Albei is in waterverf geskep. Laasgenoemde was die basis vir Porco Rosso. Hayao Miyazaki's Daydream Data Notes bevat kort manga, opstelle en voorbeelde van Miyazaki se sketsboeke, wat in 1992 in boekvorm gebundel is. Shuna, in 1987, en 'n keur uit Daydream Data Notes is is in 1995 gedramatiseer om op radio uitgesaai te word.[26]

In Oktober 2006 is A Trip to Tynemouth in Japan uitgegee. Die boek bevat 'n vertaalde versameling van drie van die kortverhale vir jong volwassenes geskryf deur Robert Westall, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in England grootgeword het. Die beroemdste storie, wat die eerste keer in die versameling met die titel Break of Dark uitgegee is, se titel is Blackham's Wimpy, die naam van 'n Vickers Wellington-bomwerper wat in die storie voorkom. Die bynaam kom van die karakter J. Wellington Wimpy van die Popeye-strokiesboeke en -prente (die Wellington is genoem na Arthur Wellesley, eerste hertog van Wellington, wat Napoleon verslaan het). Miyazaki het as redakteur gewerk en het die omslagillustrasies verskaf en kort manga geskep om saam met die boek te gaan. Miyazaki het sy manga en illustrasies op Westhall se kortverhale gegrond, insluitend dele oor Blackham's Bomber, en het van sy eie fiktiewe elemente bygevoeg. Hy het 'n verteller as 'n antropomorfiese vark uitgebeeld, wat 'n denkbeeldige ontmoeting het met Westall, wat as 'n terriër uitgebeeld word, op 'n reis na Tynemouth. Westall se kortverhale is in Japannees vertaal, maar andersins onveranderd gelos vir publikasie.[27][28]

In die begin van 2009 het Miyazaki begin om nuwe manga met die titel Kaze Tachinu (風立ちぬ), te skryf, wat die storie van die Mitsubishi A6M Zero-bomwerper se ontwerper, Jiro Horikoshi, vertel. Die manga is die eerste keer gepubliseer in twee uitgawes van die Model Graphix-tydskrif, op 25 Februarie en 25 Maart 2009.[29] Miyazaki het uiteindelik nege hoofstukke nodig gehad om die manga klaar te maak. Die laaste hoofstuk het in die Januarie 2010-uitgawe van die tydskrif verskyn.

Na die aankondiging van sy aftrede het dit tydens 'n NHK-TV-uitsending aan die lig gekom dat Miyazaki 'n ongetitelde vervolgverhaal van 'n samoerai-manga skryf en dat hy die tydskrif niks geld vra vir sy tekenwerk nie.[30]

Persoonlike lewe en opvattings

Miyazaki is in Oktober 1965 met sy medeanimeerder Akemi Ota getroud, en hulle het twee seuns, Gorō en Keisuke.[31] Daar is dikwels berig dat Miyazaki se toewyding aan sy werk 'n negatiewe uitwerking gehad het op sy verhouding met Gorō.[32] Hy het aangedui dat hy nie 'n dinastie van animeerders wil skep en sy seun moes vir homself naam maak.[33] Nogtans het hy ondersteuning vir sy seun se loopbaan in animasie getoon en was onlangs die medeskrywer van die draaiboek vir Gorō se rolprent From Up on Poppy Hill en was van November 2011 af besig om die storie vir sy seun se derde rolprent te ontwikkel.[34]

In 'n 2014-onderhoud het Miyazaki die huidige stand van die animebedryf gekritiseer en gesê animeerders is nie realisties wanneer dit by mense kom nie. Volgens hom is dit 'n probleem want om inhoud te vervaardig wat die bedryf waardig is, moet 'n mens se werk gegrond wees op geleefde ervaring en die waarneming van mense. Hy sê verder die rede hoekom die bedryf vol otaku is, is omdat anime vervaardig word deur "mense wat nie kan verdra om na ander mense te kyk nie".[35][36]

Omstredenhede

Vir die uitreiking van sy 2013-fliek, The Wind Rises, het Miyazaki en ander Studio Ghibli-personeel weer kritiek uitgespreek teenoor Shinzō Abe, die eerste minister, se beleide, en die voorgestelde grondwetlike wysigings van Artikel 96, 'n klousule wat die prosedure uiteensit vir hersienings, wat Abe in staat sal stel om Artikel 9 van die Grondwet van Japan te wysig, wat oorlog as 'n manier om internasionale geskille te besleg onwettig verklaar.[37][38][39] Nadat die fliek uitgereik is, het hy aanlyn sowel goedkeuring as negatiewe kritiek gekry vir sy anti-oorlogboodskap. Party aanlyn kritici het sy fliek, asook die opinies wat hy uitspreek, as "anti-Japannees" bestempel en het gesê Miyazaki is 'n "verraaier".[40][41][42] Dit is weens die fliek se onderwerp, 'n jong man wat vliegtuie gedurende die Tweede Wêreldoorlog ontwerp. Van die vliegtuie wat in die rolprent gebruik word, is die Mitsubishi A5M, 'n voorganger van die Mitsubishi A6M Zero. Vandat hy jonk was, was Miyazaki gefassineer deur vliegtuie, gedeeltelik vanweë die aard van sy pa se werk aan A6M Zero-vegvliegtuie gedurende die Tweede Wêreldoorlog.[43] Hierdie aangetrokkenheid kom duidelik na vore in die herhaalde gebruik van vliegtuie in sy flieks: van Nausicaä of the Valley of the Wind tot Porco Rosso en daarna. Die fliek was egter Miyazaki se eerste een wat deur 'n historiese figuur geïnspireer is. Ondanks die onverwagte ongunstige reaksie van politieke kykers, het The Wind Rises die grootste opening van die jaar in Japan gehad en ¥960 miljoen of $9.78 miljoen verdien.

Miyazaki het sy opinies oor politiek in die verlede etlike kere uitgespreek, insluitend 'n veroordeling in die bespreking oor die wysiging van die Japanse grondwet, asook oor Abe se ontkenning van Japanse misdade in die Tweede Wêreldoorlog. 'n Deel van die omstredenheid oor The Wind Rises spruit voort uit die stelling dat behoorlike vergoeding gegee moet word om vroue te vertroos. Hoewel party krities was oor sy opmerkings, is hulle deur andere verwelkom.[40][44] Dit was nie sy enigste geval van omstredenheid nie. In 2003 het Miyazaki 'n Oscar gewen vir sy rolprent Spirited Away, maar het nie die 75ste Academy-toekennings in Hollywood, Los Angeles, bygewoon nie uit protes teen die VSA se betrokkenheid by die Irak-oorlog, en het later gesê: "Ek wou nie 'n land besoek wat Irak gebombardeer het nie." Op versoek van sy vervaardiger het hy nie sy standpunt in die openbaar gelug tot in 2009 nie, toe hy sy boikot beëindig het en die San Diego Comic Con International as 'n guns aan sy vriend John Lasseter besoek het.[45]

Miyazaki het ook sy opinie gelug oor die terroristeaanval op die kantore van die Franse satiriese tydskrif Charlie Hebdo en gesê hy dink die tydskrif se besluit om die inhoud te publiseer was die oorsaak van die voorval. Hy het gesê: "Ek dink dis 'n fout om karikature te skep van figure wat vir 'n ander kultuur heilig is. Jy moet dit nie doen nie. Pleks daarvan om so iets te doen, moet jy eers karikature maak van jou eie land se politici."[46][47]

Semi-aftrede

Miyazaki het met die jare etlike kere gesê hy wil aftree, maar het op 7 September 2013 gesê hierdie keer is hy "baie ernstig". Nadat hy die vorige Januarie 72 geword het, het hy gevoel dat hy na 50 jaar lank genoeg in die bedryf was en dit was tyd om die leisels aan jonger personeellede te oorhandig. Hy het bygevoeg: "Teen my ouderdom kan ek nie meer die lang ure werk wat ek altyd het nie." Hy beplan egter om nuwe doelwitte na te jaag, soos om te werk aan die Studio Ghibli-museum, waaroor hy opgemerk het: "Ek kan dalk self 'n vertoonstuk word."[48] Die Studio Ghibli-vervaardiger Toshio Suzuki het onthul dat Miyazaki sal voortgaan om manga te illustreer en dat hy tans werk aan 'n samoerai-vervolgreeks.[30] Sy medeanimeerder Isao Takahata het in die openbaar gesê hy glo Miyazaki se aftrede sal nie permanent wees nie. "Ek dink daar is 'n goeie kans dat dit kan verander. Ek dink so want ek ken hom al lank. Moet glad nie verbaas wees as dit gebeur nie."[49] Gedurende 'n Oujaarsaand-radioprogram wat op 31 Desember 2013 op Tokyo FM uitgesaai is, het Toshio Suzuki bespiegel dat Miyazaki dalk sy jongste aftrede (blykbaar sy sesde tot op hede) sal terugtrek.[50]

'n Vorige huis waarin Miyazaki 'n deel van sy kinderjare deurgebring het, is in 'n museum omskep. Die huis sy huidige bewoner, Asuko Thomas, sê sy het nie geweet dat die huis eens aan die familie van die wêreldbekende animeerder behoort het nie. Die huidige eienaar noem die galery "Hanna", wat "verband" en "harmonie" beteken. Baie elemente van die huis was die inspirasie vir tonele in etlike van sy flieks. Een voorbeeld is die trappe in die huis, baie dieselfde as die verborge trappe in My Neighbor Totoro.[51]

Temas, invloede en style

Miyazaki se werke word gekenmerk deur die herhaling van progressiewe temas, soos omgewingdeterminisme, pasifisme, feminisme, en die afwesigheid van skurke. Sy flieks handel ook dikwels oor die kinderjare-oorgang en 'n opmerklike belangstelling in vlug.

Miyazaki se verhale is opmerklik daarvoor dat hulle nie 'n held laat kragte meet teen 'n onsimpatieke antagonis nie. Oor Spirited Away sê Miyazaki: "Die heldin word in 'n plek gegooi waar goed en sleg saamwoon […] Sy kom nie reg omdat sy 'die bose' verwoes nie, maar omdat sy die vermoë aangeleer het om te oorleef."[52] Hoewel Miyazaki soms pessimisties oor die wêreld voel, toon sy rolprente eerder 'n ontsagwekkende, positiewe wêreldbeskouing, en verwerp vereenvoudigde stereotipes van die goeie en die bose.[53]

Miyazaki se rolprente benadruk omgewingsbewaring en die aarde se broosheid.[54] In 'n onderhoud in die The New Yorker sê Margaret Talbot dat Miyazaki glo heelwat van die moderne kultuur is "dun en vlak en vals", en "hy bedoel dit nie as 'n grap nie" dat hy uitsien na " 'n tyd wanneer Tokio verswelg is deur die oseaan en die NTV-toring 'n eiland word, wanneer die mensepopulasie skerp afneem en daar nie meer toringgeboue is nie".[55] Toe hy in die Shōwa-tydperk grootgeword het, was dit vir hom 'n ongelukkige tyd omdat "die natuur – die berge en riviere – vernietig is in die naam van ekonomiese vooruitgang".[56] Miyazaki is krities oor kapitalisme en globalisering en hulle uitwerking op die moderne lewe.[57] In 'n opmerking oor die geanimeerde fliek van 1954 Animal Farm, het hy gesê: "Uitbuiting kom nie net in kommunisme voor nie, kapitalisme is net so 'n stelsel. Ek glo 'n maatskappy is die gemeenskaplike eiendom van al die mense wat daar werk, maar dit is 'n sosialistiese idee."[58] Nogtans, beveel hy aan, moet volwassenes nie "hulle visie van die wêreld op hul kinders afdwing nie".[59]

Nausicaä, Princess Mononoke en Howl's Moving Castle het anti-oorlog-temas. In 2003, toe Spirited Away die Academy-toekenning vir die Beste Animasierolprent gewen het, het Miyazaki nie self die geleentheid bygewoon nie. Hy het later verduidelik dat hy "nie 'n land wil besoek wat Irak bombardeer nie".[60]

Miyazaki is beskryf as 'n feminis deur Studio Ghibli se president, Toshio Suzuki, toe hy verwys het na sy houding teenoor vroulike werkers.[61] Dit was duidelik in die fabrieke met net vroue in Porco Rosso en Princess Mononoke, asook die matriargale badhuis in Spirited Away. Baie van Miyazaki se flieks het sterk vroulike protagoniste wat in teenstelling is met die rolle wat algemeen voorkom in Japanse animasie en fiksie.[2]

Skeppingsproses en animasiestyl

Miyazaki speel 'n leidende rol wanneer hy sy rolprente skep, en is dikwels sowel die skrywer as die regisseur. Hy het self elke raampie wat in sy vroeë flieks gebruik is nagegaan, hoewel hy weens kommer oor sy gesondheid oor die hoë werkslading nou van sy werkslas aan ander Ghibli-lede delegeer.[62] In 'n onderhoud in 1999 het Miyazaki gesê: "Teen hierdie ouderdom kan ek nie meer die werk doen wat ek altyd het nie. As my personeel my kan uithelp en ek op regisseerwerk kan konsentreer, is daar nog 'n aantal flieks wat ek wil maak."

Miyazaki gebruik bewegings in sy animasie wat soos mense s'n is. Boonop word baie van die kuns gedoen met die gebruik van waterverf.

In teenstelling met Amerikaanse animasie word baie van die teks en beelddraaiboek saam geskep, en daar word met die animasie begin voordat die storie voltooi is en terwyl die beeldbraaiboek ontwikkel word.[59][63]

Miyazaki gebruik tradisionele animasie regdeur die animasieproses, hoewel rekenaar-geskepte beelde aangewend is in Princess Mononoke. In 'n onderhoud met die Financial Times sê Miyazaki: "Dit is baie belangrik vir my om die regte verhouding te behou tussen werk per hand en rekenaar te behou. Ek het nou daardie balans geleer; hoe om albei te gebruik en steeds my flieks 2D te kan noem."[64] Digitale verf is ook vir die eerste keer in dele van Princess Mononoke gebruik om spertye te kon haal.[65] Dit is as standaard vir daaropvolgende flieks gebruik. Maar in sy 2008-fliek, Ponyo, het Miyazaki teruggekeer na tradisionele handgetekende animasie vir alles, en sê: "Handtekeninge op papier is die grondbeginsel van animasie."[66] Studio Ghibli se rekenaaranimasieafdeling is ontbind voordat met produksie van Ponyo begin is, en Miyazaki het besluit om by handgetekende animasie te bly.[33]

Invloede

Onder Miyazaki se vroegste invloede was die geïllustreerde stories wat hy in seunstydskrifte en manga-Tankōbon in sy kinderjare gelees het. Hy het al gesê dat hy nie net van hul onderwerpe en hoe hulle die kunswerke aangebied het gehou het nie, maar ook dat hy waardering gekry het vir die tempo van hul avonture, wat die leser in staat gestel het om hom te verdiep in die stories wat hulle geskep het omdat die stadige pas van produksie vereis het dat dieselfde werk etlike kere gelees moes word.

Gevolglik het hy werk in maandelikse vervolgverhale verkies bo die weeklikse formaat van sy eie werke. Miyazaki het Soji Yamakawa se Shōnen ōja uitgewys as die mees invloedryke stories wat hy gelees het. Takekuma wys daarop dat etlike van Miyazaki se werke, in sowel manga as anime, hul oorsprong het in Tetsuji Fukushima se The Evil Lord of the Desert. 'n Effens later invloed wat Miyazaki vermeld het, is die werk van Sanpei Shirato.[lower-alpha 1]

'n Aantal Westerse skrywers het Miyazaki se werk beïnvloed, onder andere Ursula K. Le Guin, Lewis Carroll, Edward Blishen en Diana Wynne Jones. Miyazaki het vir Le Guin gesê dat Earthsea 'n groot invloed op al sy werke was, en dat hy haar boeke langs sy bed gehou het.[69] Miyazaki en die Franse skrywer en illustreerder Jean Giraud (ook bekend as Moebius) het mekaar beïnvloed en het vriende geword vanweë hul wedersydse bewondering. Monnaie de Paris het 'n uistalling van hul werk gehou met die titel Miyazaki et Moebius: Deux Artistes Dont Les Dessins Prennent Vie (Twee kunstenaars wie se sketse 'n lewe van hul eie gekry het) van Desember 2004 tot April 2005. Albei kunstenaars het die opening van die uitstalling bygewoon.[53][70] Moebius het sy dogter Nausicaa genoem na aanleiding van Miyazaki se heldin.[71] Miyazaki was erg beïnvloed deur nog 'n Franse skrywer, Antoine de Saint-Exupéry. Hy het die Japannese omslae van Saint-Exupéry se Night Flight (Vol de nuit) en Wind, Sand and Stars (Terre des Hommes) geïllustreer, en het 'n nawoord geskryf vir Wind, Sand and Stars.

In 'n onderhoud wat 10 Junie 2002 op BBC Choice uitgesaai is, noem Miyazaki die Britse skrywers Eleanor Farjeon, Rosemary Sutcliff en Philippa Pearce as invloede. Die rolprentmaker het ook al in die openbaar sy versotheid op Roald Dahl se stories te kenne gegee; die uitbeelding in Porco Rosso van 'n wolk van dooie vlieëniers is deur Dahl se They Shall Not Grow Old geïnspireer. Soos in Miyazaki se flieks skep hierdie skrywers selfstandige wêrelde waarin allegorieë dikwels gebruik word, en die karakters het komplekse en dikwels dubbelsinnige motiverings. Ander werke van Miyazaki, soos My Neighbor Totoro, Princess Mononoke en Spirited Away, sluit elemente in van Japanse geskiedenis en mitologie.

Miyazaki het gesê hy is geïnspireer om 'n animeerder te word deur The Tale of the White Serpent, wat beskou word as die eerste moderne anime, in 1958. Hy het ook gesê dat The Snow Queen, 'n Russiese animasierolprent, een van sy eerste inspirasies was, en dat dit hom geïnspireer het om in animasieproduksie te bly.[72] Ons kan sy invloed op The Little Norse Prince sien. Die skurk, "Forest King", is soos die "Snow Queen" wat ontwerp en karakter betref.[73] Yuriy Norshteyn, 'n Russiese animeerder, is 'n vriend van Miyazaki en word deur hom geprys as " 'n wonderlike kunstenaar".[74] Norshteyn se Hedgehog in the Fog word beskryf as een van Miyazaki se gunsteling-animasierolprente.[72] Miyazaki is al lank 'n aanhanger van Aardman Studios-animasie. In Mei 2006 het David Sproxton en Peter Lord, stigters van Aardman Studios, die Ghibli-museum se uitstalling wat aan hulle werk gewy is, besoek, waar hulle ook vir Miyazaki ontmoet het.[75]

Pete Docter, regisseur van die gewilde flieks Up en Monsters, Inc., asook medeskepper van ander Pixar-werke, het Miyazaki lof toegeswaai en hom as 'n invloed beskryf.[76] Glen Keane, die animeerder van suksesvolle Disney-flieks soos The Little Mermaid, The Rescuers Down Under, Beauty and the Beast, Aladdin en Tangled, het ook aan Miyazaki die eer gegee as 'n "groot invloed" op sy werk en in die algemeen in Disney die afgelope twee dekades.[77] Bryan Konietzko en Michael Dante DiMartino sê Miyazaki se werk het die grootste invloed gehad op die wêreld en styl van Avatar: The Last Airbender.[78]

Miyazaki is ook vermeld as 'n invloed op verskeie rolspel-videospeletjies. Die skepper van Square se Final Fantasy-reeks, Hironobu Sakaguchi, vermeld Miyazaki as inspirasie vir elemente soos die lugskepe en chocobos wat in die reeks voorkom.[79] Die post-apokaliptiese tonele van SNK se Crystalis is geïnspireer deur Miyazaki se Nausicaä of the Valley of the Wind, en Crystalis het op sy beurt Square se Secret of Mana geïnspireer.[80] Die fantasie-avontuurspeletjie van 2015 Ori and the Blind Forest is heelwat deur Miyazaki se werk beïnvloed, veral een van die vlakke, "Valley of the Wind", was 'n kopknik in die rigting van Miyazaki se Nausicaä of the Valley of the Wind.[81][82]

Miyazaki is ook deur Akira Kurosawa beïnvloed. Kurosawa het dit reggekry om die Westerse wêreld se aandag op Japanse filmkuns te vestig met sy 1950-rolprent Rashomon, Seven Samurai in 1954, en Yojimbo in 1961. Nog 'n invloed was Osamu Tezuka, 'n baanbreker in die style en tegnieke van nuwe manga. Miyazaki het van Princess Mononoke gesê: "Ek wens Osamu Tezuka kon dit gekyk het." Tezuka en Miyazaki het 'n effens ongemaklike verhouding gehad. Miyazaki erken sy invloed, soos die invloed van 'n ouer broer of voorganger, maar die invloed was dalk nie beskou as 'n ten volle voordelige een nie.

Soos Helen McCarthy opmerk, het Miyazaki 'n opstel geskryf nadat Tezuka in 1989 oorlede is, waarin hy nadink oor die invloed wat Tezuka in die besonder op sy eie loopbaan en oor die algemeen op anime in Japan gehad het. Miyazaki erken dat Tezuka onder die skeppende kunstenaars was wat hom geïnspireer het om 'n mangaskrywer te word, maar hy skryf dat hy aanvanklik verontwaardig gereageer het en dat hy verneder gevoel het toe dit aan hom uitgewys is dat sy styl as 'n tekenaar soos Tezuka s'n lyk.

Nadat hy besef het dat die waarneming oor die ooreenkoms waar was, het hy sy sketse vernietig en besluit om terug te keer na die studie van basiese tekenvaardighede om weer van voor af te kon begin. Hy wys daarop dat hy nie saamstem met die raad dat jong mangakunstenaars die werk van hul voorgangers moet naboots wanneer hulle begin nie.

In sy opstel skryf hy ook dat hy al hoe kritieser geword het oor Tezuka se rol in die ontwikkeling van anime in Japan en kritiseer veral vir ander animeerders vir die eerbiedige behandeling, tot op die punt van verafgoding, wat Tezuka gekry het. Volgens Miyazaki se wêreldbeskouing is invloede veronderstel om die medium vorentoe te neem en hoewel Miyazaki sy eie handelsnaam goed bemark, is hy nogtans krities oor die goddelike status wat aan hom gegee word.

Hy het al daarop gewys dat hy sulke lof as verstikkend eerder as aanmoedigend vir die verkenning van kreatiwiteit en die ontwikkeling van 'n persoonlike styl in jonger kunstenaars beskou.[lower-alpha 2]

Eerbetone

Miyazaki het al talle toekennings vir sy animasierolprente gewen. The Castle of Cagliostro was sy eerste pryswenner, en het die Mainichi-rolprenttoekenning in 1980 gewen. Van al sy flieks het Spirited Away en The Wind Rises die meeste toekennings gewen. In 2005 is 'n ere-Golden Lion by die Venisië-rolprentfees aan hom toegeken vir sy gesamentlike bydrae tot die rolprentkuns. Miyazaki het ook toekennings buite die rolprentbedryf ontvang. Op 3 November 2012 het hy die *Person of Cultural Merit gewen, wat hom die eerste animeregisseur gemaak het wat dié eer te beurt val.[84] In 2014 is hy in die Science Fiction and Fantasy Hall of Fame opgeneem en hy het die volgende jaar 'n Academy-eretoekenning by die 87ste Academy-toekennings ontvang. Hy is die eerste animeregisseur wat die eer ontvang het, en is die vierde animeerder wat die toekenning drie keer gekry het.[85]

Jaar Titel Toekenning Kategorie
1979 The Castle of Cagliostro Mainichi-rolprenttoekenning Ofuji Noburo-toekenning
1984 Nausicaä of the Valley of the Wind Fantafees Beste Kortfliek
Kinema Junpo-toekennings Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
Mainichi-rolprenttoekenning Ofuji Noburo-toekenning
1986 Castle in the Sky Mainichi-rolprenttoekenning Ofuji Noburo-toekenning
1989 My Neighbor Totoro Kinema Junpo-toekennings Kinema Junpo-toekenning – Beste Rolprent
Readers' Choice-toekenning – Beste Japannese Rolprent
Mainichi-rolprenttoekenning Beste Rolprent
Ofuji Noburo-toekenning
Blue Ribbon-toekennings Spesiale Toekenning
1990 Kiki's Delivery Service Mainichi-rolprenttoekenning Beste Animasierolprent
Kinema Junpo-toekennings Readers' Choice-toekenning – Beste Japanse Rolprentregisseur
1993 Porco Rosso Mainichi-rolprenttoekenning Beste Animasierolprent
1997 Princess Mononoke Hochi Film-toekennings Spesiale Toekenning
The Association of Movie Viewing Groups Beste Japanse Rolprent
Nikkan Sports-rolprenttoekennings Beste Regisseur
Takasaki-rolprentfees Beste Regisseur
The Agency for Cultural Affairs Excellent Movie-toekenning
Japan Media Arts Festival Grand Prize
Asahi Best Ten-rolprentfees Beste Japanse Rolprent
Readers' Choice-toekenning
Nihon Keizai Shimbun Toekenning vir Uitnemendheid
Nikkei-toekennings vir Uitstekende Produkte en Diens
Theater Division-toekennings Asahi Digital Entertainment-toekenning
MMCA Spesiale Toekenning Multimedia Grand Prix 1997
Osaka-rolprentfees Spesiale Toekenning
The Movie's Day Spesiale Prestasie-toekenning
Fumiko Yamaji-toekenning Cultural-toekenning
1998 Blue Ribbon-toekennings Spesiale Toekennings
Japanese Academy-toekennings Rolprent van die Jaar
Kinema Junpo-toekennings Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
Mainichi-rolprenttoekenning Beste Animasierolprent
Beste Rolprent
Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
2000 Annie-toekennings Uitnemende Individuele Prestasie in 'n Animasierolprent-produksie
2001 Nebula-toekenning Beste Draaiboek
2002 Whale Hunt Mainichi-rolprenttoekenning Ofuji Noburo-toekenning
Spirited Away Berlin Internasionale Rolprentfees Golden Berlin Bear
Blue Ribbon-toekenning Beste Rolprent
Nikkan Sports Film-toekenning Beste Rolprent
New York Film Critics Circle-toekenning Beste Animasierolprent
Boston Society of Film Critics-toekennings Spesiale Vermelding – Vir kunstige bydrae op die gebied van animasie
Cambridge-rolprentfees Gehoortoekenning – Beste Rolprent
National Board of Review of Motion Pictures Beste Animasierolprent
Cinekid-fees Cinekid-rolprenttoekenning
Durban Internasionale Rolprentfees Beste Rolprent
Europese Rolprenttoekenning Screen International-toekenning
Kinema Junpo-toekennings Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
Los Angeles Film Critics Association-toekennings LAFCA-toekenning
Mainichi-rolprenttoekenning Beste Animasierolprent
Beste Regisseur
Beste Rolprent
Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
San Francisco Internasionale Rolprentfees Gehoortoekenning – Beste Animasierolprent
Sitges-rolprentfees Spesiale Vermelding
Beste Rolprent
Tokyo Anime-toekennings Grand Prix
Beste Regisseur
Japanese Academy-toekennings Beste Rolprent
Hong Kong-rolprenttoekennings Beste Asiese Rolprent
2003 Academy-toekennings Beste Animasierolprent
Online Film Critics Society-toekennings Beste Animasierolprent
Beste Buitelandse Taal-rolprent
Britse Onafhanklike Rolprenttoekennings Beste Buitelandse Onafhanklike Rolprent
Saturn-toekennings Beste Skryfwerk
Film Critics Circle of Australia Beste Buitelandse Taal-rolprent
Chicago Film Critics Association Beste Buitelandse Taal-rolprent
Satellite-toekenning Beste Rolprent, Animasie of Gemengde Media
Phoenix Film Critics Society-toekenning Beste Animasierolprent
Misgekykte Rolprent van die Jaar
International Horror Guild-toekenning Beste Rolprent
Florida Film Critics Circle Beste Animasie
Dallas-Fort Worth Film Critics Association-toekenning Beste Animasierolprent
Amsterdam Fantastic-rolprentfees Silver Scream-toekenning
Annie-toekenning Uitsonderlike Regie in 'n Animasierolprent-produksie
Uitsonderlike Skryfwerk in 'n Animasierolprent-produksie
Cambridge-rolprentfees Gehoortoekenning – Beste Rolprent
Cinema Writers Circle-toekennings, Spanje Beste Buitelandse Rolprent
César-toekennings Beste Buitelandse Rolprent
Hugo-toekenning Beste Dramatiese Aanbieding – Lang Vorm
Broadcast Film Critics Association Beste Animasierolprent
2004 Argentinean Film Critics Association-toekennings Silver Condor – Beste Buitelandse Rolprent
BAFTA-toekenning Beste Rolprent nie in die Engelse Taal
London Critics Circle Film-toekennings Buitelandse Taal Rolprent van die Jaar
Nebula-toekenning Beste Draaiboek
Howl's Moving Castle Sitges-rolprentfees Gehoortoekenning – Beste Rolprent
Beste Rolprent
Venisië-rolprentfees Golden Lion
2005 Hollywood-rolprentfees Hollywood-rolprenttoekenning – Animasie van die Jaar
Mainichi-rolprenttoekenning Readers' Choice-toekenning – Beste Rolprent
Tokio-animetoekenning Animasie van die Jaar
Satellite-toekenning Uitsonderlike Rolprent, Animasie of Gemengde Media
San Diego Film Critics Society-toekenning Beste Animasierolprent
New York Film Critics Circle-toekennings Beste Animasierolprent
2006 Academy-toekennings Beste Animasierolprent
Annie-toekenning Beste Regie in 'n Animasierolprent-produksie
Beste Skryfwerk in 'n Animasierolprent-produksie
Broadcast Film Critics Association-toekennings Beste Animasierolprent
Online Film Critics Society-toekenning Beste Animasierolprent
Saturn-toekenning Beste Animasierolprent
MTV Movie Awards Russia Beste Strokiesprent
Nastro d'Argento Silver Ribbon – Beste Buitelandse Regisseur
Hongkong-rolprenttoekenning Beste Asiatiese Rolprent
2007 Nebula-toekenning Beste Draaiboek
2008 Ponyo Venisië-rolprentfees Future Film Festival Digital-toekenning – Spesiale Vermelding
Mimmo Rotella Foundation-toekenning
Golden Lion
2009 Asië-rolprenttoekennings Beste Regisseur
Japanese Academy-toekenning Beste Animasierolprent
Chicago Film Critics Association-toekennings Beste Animasierolprent
Hongkong-rolprenttoekennings Beste Asiatiese Rolprent
Online Film Critics Society-toekenning Beste Animasierolprent
Washington D.C. Area Film Critics Association Beste Animasierolprent
Tokio-anime-toekenning Beste Regisseur
Beste Oorspronklike Storie
Animasie van die Jaar
2010 Annie-toekenning Regie van 'n Rolprentproduksie
2013 From Up on Poppy Hill Annie-toekenning Skryfwerk in 'n Animasierolprent-produksie
The Wind Rises Academy-toekennings Beste Animasierolprent
Alliance of Women Film Journalists Beste Animasierolprent
Annie-toekennings Beste Animasierolprent
Annie-toekennings Karakteranimasie in 'n Rolprentproduksie (aan Kitaro Kosaka)
Annie-toekennings Skryfwerk in 'n Animasierolprent-produksie
Asia Pacific Screen-toekennings Beste Animasierolprent
Boston Online Film Critics Association Beste Animasierolprent

Gelykop met Frozen

Boston Society of Film Critics Beste Animasierolprent
Chicago Film Critics Association Beste Rolprent in 'n Buitelandse Taal
Chicago Film Critics Association Beste Animasierolprent
Critics' Choice-fliektoekenning Beste Animasierolprent
Dallas-Fort Worth Film Critics Beste Buitelandse Taal-rolprent
Golden Globe-toekennings Beste Buitelandse Taal-rolprent
Los Angeles Film Critics Association Beste Animasie
Mill Valley-rolprentfees Gehoorgunsteling – Animasie
National Board of Review Beste Animasierolprent
New York Film Critics Circle Beste Animasierolprent
New York Film Critics Online Beste Animasierolprent
New York-rolprentfees Grand Marnier Fellowship-toekenning vir Beste Rolprent
Online Film Critics Society Beste Rolprent
Online Film Critics Society Beste Regisseur
Online Film Critics Society Beste Animasierolprent
Online Film Critics Society Beste Rolprent nie in die Engelse Taal
Online Film Critics Society Beste Aangepaste Draaiboek
Phoenix Film Critics Society Beste Animasierolprent
San Francisco Film Critics Circle Beste Animasierolprent
Satellite-toekennings Beste Rolprent, Animasie of Gemengde Media
San Sebastián Internasionale Rolprentfees Toeskouerstoekenning
St. Louis Gateway Film Critics Association Beste Animasierolprent
Toronto Internasionale Rolprentfees People's Choice-toekenning vir Beste Dramarolprent
Venisië-rolprentfees Golden Lion
Washington D.C. Area Film Critics Association Beste Animasierolprent

Notas

  1. Takekuma, Kentaro Lectures.(2008).[67]McCarthy (1999), page 27.[10] Kaku(2012).[68]
  2. Tasker (2011), page 292ff.[16]Miyazaki, I parted ways with Osamu Tezuka when I saw the "Hand of God" in him, in Starting Point (2009), page 193ff.[83] McCarthy (1999), page 28.[10]Takekuma, Kentaro Lectures.(2008)[67]

Verwysings

  1. Feldman, Steven (24 Junie 1994). "Hayao Miyazaki Biography
  2. Napier, Susan J. (2001).
  3. "Disney to Release the Wind Rises in N. America".
  4. "Japan's Miyazaki to retire after 11 feature films".
  5. "Hayao Miyazaki Retires From Making Feature Films".
  6. "Miyazaki is second Japanese to receive honorary Oscar".
  7. Ebert, Roger (12 September 2002).
  8. "Hayao Miyazaki Biography Revision 2 (6/24/94)".
  9. McCarthy, Helen (1999).
  10. Miyazaki, Hayao (22 Mei 1988).
  11. Brzeski, Patrick (24 Oktober 2014).
  12. Napier, Susan J. (13 Oktober 1998).
  13. Matsutani, Minoru (30 September 2008).
  14. Tasker, Yvonne (2011).
  15. "Film Critics Pick the Best Movies of the Decade" Geargiveer 16 Augustus 2017 op Wayback Machine.
  16. Azuma, Hiroki (10 April 2009).
  17. "Studio Ghibli to be Split from Tokuma". 10
  18. ジブリ、徳間書店から独立 Geargiveer 24 September 2009 op Wayback Machine.
  19. "Coranto Archive: July 3, 2006 Hayao Miyazaki's Surprise Visit".
  20. "Ghibli World" Geargiveer 6 Desember 2008 op Wayback Machine. 19
  21. ジブリ新作2本!宮崎駿監督「風立ちぬ」と高畑勲監督「かぐや姫の物語」.
  22. Akagawa, Roy (6 September 2013).
  23. Kamen, Matt (13 Julie 2015).
  24. Kanō, Seiji (1 Januarie 2007) [eerste keer uitgegee op 31 Maart 2006].
  25. Westall, Robert; Miyazaki, Hayao (6 Oktober 2006).
  26. Miyazaki, Hayao (16 Julie 2008).
  27. "Miyazaki Starts New Manga, Kaze Tachinu" Geargiveer 14 Mei 2017 op Wayback Machine.
  28. "Hayao Miyazaki's Post-Retirement Samurai Manga Previewed on TV".
  29. Pendergast, Tom; Pendergast, Sara (2007).
  30. Miyazaki, Gorō.
  31. Lasseter, John; Miyazaki, Hayao (28 September 2009), Perskonferensie (video), The Four Seasons Hotel: Google YouTube.
  32. "Goro Miyazaki Discusses Plans for Third Anime Movie".
  33. Baseel, Casey (30 Januarie 2014).
  34. "Miyazaki: The Problem With The Anime Industry Is It's Full of Otaku".
  35. Yamamoto, Nasuka (21 Julie 2013).
  36. Miyazaki, Hayao. "小冊子『熱風』2013年7月号の特集は「憲法改正」です。「法を変えるなどもってのほか (宮崎駿)」"
  37. Miyazaki, Hayao.
  38. Blum, Jeremy (August 13, 2013).
  39. Keegan, Rebecca (15 Augustus 2013).
  40. McCurry, Justin (23 Augustus 2013).
  41. Foundas, Scott (29 Augustus 2013).
  42. "映画「風立ちぬ」:なぜ? 韓国で公開も「波風立たず」 [Die fliek "The Wind Rises": Hoekom? Skep ook 'n wind nadat dit in Korea uitgereik is". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2013. Besoek op 26 September 2013. {{cite web}}: no-break space character in |title= at position 57 (hulp)
  43. Pham, Alex (25 Julie 2009).
  44. "Hayao Miyazaki: Charlie Hebdo Mohammed cartoons were 'a mistake'".
  45. Baseel, Casey (17 Februarie 2015).
  46. "Hayao Miyazaki on his retirement: 'This time I am quite serious'".
  47. "Isao Takahata Thinks There Is a Chance of Hayao Miyazaki's Return".
  48. "Hayao Miyazaki Retires From Retirement".
  49. Mori, Mitsuteru (6 April 2013).
  50. Lu, Alvin, red. (2002).
  51. Yves Montmayeur (2005).
  52. "All movie".
  53. Talbot, Margaret (10 Januarie 2005).
  54. Schilling, Mark (4 Desember 2008).
  55. Miyazaki, Hayao, Neppu Geargiveer 6 Desember 2008 op Wayback Machine (onderhoud), Ghibli world.
  56. Miyazaki, Hayao (November 2008). "30th of November, A Neppu Interview with Miyazaki Hayao" Geargiveer 6 Desember 2008 op Wayback Machine.
  57. "Midnight Eye interview: Hayao Miyazaki".
  58. Alex, Pham (July 24, 2009).
  59. Birth of Studio Ghibli (Nausicaä DVD).
  60. Bjorkman, James.
  61. "Drawn to oddness".
  62. Andrews, Nigel (20 September 2005).
  63. Toshio Uratani (2004).
  64. "New Ponyo details at tenth radio Ghibli" Geargiveer 6 Desember 2008 op Wayback Machine.
  65. Kaku, Yoshiko (11 Oktober 2012). "Classic graphic novel beloved by manga greats gets reprinted". Asahi Shimbun. Besoek op 11 Desember 2013.
  66. Kaku, Yoshiko (11 Oktober 2012). "Classic graphic novel beloved by manga greats gets reprinted". Asahi Shimbun. Besoek op 11 Desember 2013.
  67. 世界一早い「ゲド戦記」インタビュー 鈴木敏夫プロデューサーに聞く Geargiveer 2 Januarie 2007 op Wayback Machine (in Japannees).
  68. "Miyazaki, Moebius – 2 Artistes Dont Les Dessins Prennent Vie" [Miyazaki, Mœbius – two artists whose drawings become alive] (in Frans).
  69. Ghibli Museum diary (in Japannees).
  70. Dibrov, Dmitry, red.
  71. "Animes [sic] that influenced Masters Movie" Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine.
  72. Spirited Away (vrae en antwoorde by première), USA: The Black Moon
  73. "宮崎駿Xピーター・ロードXデイビッド・スプロスクトンat三鷹の森ジブリ美術館".
  74. Accomando, Beth (29 Mei 2009), Interview with Up Director Peter Docter, KPBS.
  75. Lee, Michael J (24 Oktober 2010).
  76. London, Matt; Hamessley, Jordan (8 Julie 2010), Michael Dante DiMartino and Bryan Konietzko, Creators of the Original Televised Avatar: The Last Airbender (onderhoud), TOR.
  77. Rogers, Tim (27 Maart 2006).
  78. "Console vs Handheld: Crystalis" Geargiveer 1 Januarie 2013 op Wayback Machine. 1up.
  79. "Ori and the Blind Forest is a beautiful metroidvania".
  80. "Ori and the Blind Forest: A beautiful version of gaming's good ole days".
  81. Miyazaki, Hayao (4 Augustus 2009). Starting Point 1979~1996. San Francisco: Viz Media. pp. 193–197. ISBN 978-1-4215-0594-7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2014. Besoek op 13 Desember 2013.
  82. "Hayao Miyazaki receives Person of Cultural Merit honor" Geargiveer 29 Oktober 2013 op Wayback Machine.
  83. "Hayao Miyazaki" Geargiveer 14 Julie 2014 op Wayback Machine.

Verdere leesstof

  • Cavallaro, Dani (2006). The Animé Art of Hayao Miyazaki. Jefferson, NC: McFarland & Co. ISBN 978-0-7864-2369-9. OCLC 62430842.
  • McCarthy, Helen (1999). Hayao Miyazaki: Master of Japanese Animation. Berkely, CA: Stone Bridge. ISBN 978-1-880656-41-9. OCLC 42296779
  • Miyazaki, Hayao (2009). Starting Point: 1979–1996. Beth Cary and Frederik L. Schodt, trans. Voorwoord deur John Lasseter. San Francisco: VIZ Media. ISBN 978-1-4215-0594-7. OCLC 290477195.
    • (31 Julie 1996) (in Japannees), Tokio: Studio Ghibli/Hatsubai Tokuma Shoten, ISBN 978-4-19-860541-4, OCLC 37636025. Oorspronklike uitgawe.
  • Miyazaki, Hayao (16 Julie 2008) (in Japanese), Tokyo: Iwanami Shoten, ISBN 978-4-00-022394-2, OCLC 237177737. Onvertaalde bundel (Letterlike vertaling van die titel: Omdraaipunt).
  • Odell, Colin, & Le Blanc, Michelle (2009). Studio Ghibli: The Films of Hayao Miyazaki and Isao Takahata. Harpenden, Hertfordshire, ENG: Kamera. ISBN 978-1-84243-279-2. OCLC 299246656.
  • E. L. Risden: "Miyazaki's Medieval World: Japanese Medievalism and the Rise of Anime," in Medievalism NOW[dooie skakel], red. E.L. Risden, Karl Fugelso en Richard Utz (spesiale uitgawe van The Year's Work in Medievalism, 28 (2013).
  • Schodt, Frederik L. (1996) Dreamland Japan

Eksterne skakels


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.