Hawais
Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii.
Hawais ʻŌlelo Hawaiʻi | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi] | |
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 24 000 volgens 2010-sensus[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Oos-Polinesies Marquesies Hawais | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | Hawaii-taalkommissie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | haw | |
ISO 639-3: | haw | |
![](../I/Hawaiian_USC2000_PHS.svg.png.webp)
Verspreiding van Hawais in die Verenigde State (2000-sensus)
Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Hawaiian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2019. Besoek op 13 Februarie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hawais.
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Hawais.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.