Haruki Murakami

Haruki Murakami (村上 春樹 Murakami Haruki?, gebore op 12 Januarie 1949) is 'n Japannese skrywer. Sy boeke en verhale is topverkopers in beide die Japannese en internasionale mark.

Haruki Murakami
村上 春樹
Murakami in 2009
Gebore12 Januarie 1949 (1949-01-12)
Kyoto, Japan
NasionaliteitVlag van Japan Japan
Alma materWaseda Universiteit
BeroepRomansier, kortverhaalskrywer, vertaler
Webwerfwww.harukimurakami.com
Handtekening

Sy boeke is in vyftig tale vertaal,[1] en miljoene eksemplare daarvan is wêreldwyd verkoop.[2][3]

Sy werk het verskeie pryse gewen, insluitend die Wêreld Fantasie-prys, die Frank O'Connor Internasionale Kortverhaal-prys, die Franz Kafka-prys, en die Jerusalem-prys.

Murakami se noemenswaardige werke sluit in A Wild Sheep Chase (1982), Norwegian Wood (roman) (1987), The Wind-Up Bird Chronicle (1994–95), Kafka on the Shore (2002), en 1Q84 (2009–10). Hy het ook werke van onder andere Raymond Carver en J. D. Salinger in Japannees vertaal.

Sy fiksie, wat somtyds gekritiseer is deur die Japannese literêre establishment as on-Japannees,[4][5] is beïnvloed deur Westerse skrywers; van [6] Raymond Chandler tot Kurt Vonnegut en Richard Brautigan.

Sy werk is dikwels van 'n surrealistiese en melancholiese of fatalistiese aard, en word deur 'n Kafkaeskiese weergawe van die "herhalende temas van sosiale vervreemding en eensaamheid" gekenmerk[7] wat hy vervleg in sy diskoerse. Steven Poole van The Guardian het Murakami geprys as "van die wêreld se grootste lewende romansiers".[8]

Biografie

Murakami is in Kyoto, Japan na die Tweede Wêreldoorlog gebore, en het in Shukugawa (Nishinomiya), Ashiya en Kobe gewoon.[9][10] Hy was 'n enkelkind. Sy vader was die seun van 'n Boeddhistiese priester,[11] en sy moeder die dogter van 'n handelaar uit Osaka.[12] Beide het onderrig gegee in Japannese letterkunde.[13]

Murakami is sedert sy jeug, net soos Kōbō Abe, beïnvloed deur Westerse kultuur; veral Westerse en Russiese musiek en letterkunde. Hy het tydens sy jeug 'n groot aantal boeke deur Europese en Amerikaanse skrywers soos Franz Kafka, Gustave Flaubert, Charles Dickens, Kurt Vonnegut, Fjodor Dostojefski, Richard Brautigan en Jack Kerouac gelees.[14] Hierdie Westerse invloede onderskei Murakami van die meerderheid Japannese skrywers.[15]

Murakami het drama gestudeer aan die Waseda-universiteit in Tokio waar hy Yoko (sy huweliksmaat) ontmoet het. Hy was aanvanklik werksaam by 'n platewinkel. Kort voordat hy sy studies klaargemaak het, het Murakami 'n koffiewinkel en 'n jazz-kroeg genaamd Peter Cat, in Kokubunji, Tokio oopgemaak, welke hy van 1974 tot 1981 bedryf het saam met sy vrou. [16][17]Die paartjie is kinderloos.[10][18]

Murakami is 'n ernstige marathon drawwer en 'n Driekamp entoesias, alhoewel hy nie begin draf het totdat hy drie-en-dertig jaar oud was nie. Op 23 Junie 1996 het hy sy eerste ultramarathon voltooi, 'n 100 km resies rondom die Saroma-meer in Hokkaido, Japan.[19] Hy werp ook lig op sy verhouding met draf in sy 2008 memoir What I Talk About When I Talk About Running.[20]

Skryfloopbaan

Trilogie van die Rot

Murakami het fiksie begin skryf toe hy nege-en-twintig jaar oud was.[21] "Voor dit", het hy gesê, "Het ek nie enigiets geskryf nie. Ek was maar net een van daardie ordinêre mense. Ek het 'n jazz klub bedryf, en het geensins enigiets geskep nie."[22] Hy was geïnspireer om sy eerste roman, Hear the Wind Sing (1979), te skryf tydens 'n bofbalwedstryd.[23]

In 1978 het Murakami in die Jingu Stadion 'n wedstryd tussen die Yakult Swallows en die Hiroshima Carp gekyk toe Dave Hilton van Amerika uitgestap het om te kolf. Ingevolge 'n dikwels-herhaalde staaltjie, het Murakami op die oomblik wat Hilton 'n dubbelbof geslaan het, skielik besef dat hy 'n roman kon skryf.[24]

Hy het die gevoel beskryf as 'n "warm sensasie" wat hy steeds in sy hart kan voel.[25] Hy het huistoe gegaan en daardie selfde dag nog begin skryf aan die boek. Murakami het vir tien maande aan Hear the Wind Sing gewerk, in baie kort strekke, gedurende nagte en na werksdae by die kroeg.[26] Hy het die roman voltooi en dit aangestuur na die enigste literêre kompetisie wat 'n werk van daardie lengte sou aanvaar, en daarmee eersteprys gewen.

Murakami se aanvanklike sukses met Hear the Wind Sing het hom aangemoedig om voort te gaan met skryf. 'n Jaar later het hy 'n opvolg daarop geskryf naamlik Pinball (1973) . In 1982 het hy A Wild Sheep Chase gepubliseer, welke 'n kritiese sukses was. Hear the Wind Sing, Pinball (1973), en A Wild Sheep Chase vorm die Trilogie van die Rot , ('n opvolgboek, Dance, Dance, Dance, is geskryf maar word nie as deel van die reeks beskou nie) wat gesentreer is rondom dieselfde onbekende verteller en sy vriend, "die Rot".

Die eerste twee romans was tot 2015 nie geredelik beskikbaar in Engelse vertaling buite Japan nie, alhoewel 'n Engelse uitgawe, vertaal deur Alfred Birnbaum met uitvoeringe notas, gepubliseer is deur Kodansha as deel van 'n reeks wat bedoel is vir Japannese studente van Engels. Murakami beskou egter sy eerste twee romans as "onvolwasse" en "swak",[26] en was tot dusver nie gretig om hulle te laat vertaal in Engels nie. Hy het onder meer gesê dat A Wild Sheep Chase "die eerste boek was waar ek 'n tipe sensasie kon voel, die vreugde van storievertel. Wanneer jy 'n goeie verhaal lees, hou jy net aan met lees. Wanneer ek 'n goeie verhaal skryf, hou ek net aan met skryf."[27]

Wyer ontvangs

In 1985 het Murakami Hard-Boiled Wonderland and the End of the World geskryf. Dit is 'n droomagtige fantasie wat die magiese eienskappe van sy werk 'n stap verder neem. Murakami het 'n groot deurbraak gemaak en nasionale erkenning gekry in 1987 met die publikasie van Norwegian Wood. Dit is 'n nostalgiese verhaal van verlies en seksualiteit. Miljoene eksemplare daarvan is verkoop aan jong Japannese.[28]

Norwegian Wood het die skaars bekende Murakami in die kalklig geplaas. Hy is by lughawens en ander openbare plekke geteister, wat gelei het tot sy vertrek uit Japan in 1986.[29]

Murakami het deur Europa gereis en in die Verenigde State gewoon. Hy is egter tans woonagtig in Oiso, Kanagawa, met 'n kantoor in Tokio.[30]

Murakami was 'n skrywersgenoot aan Princeton-universiteit in Princeton, Nieu Jersey, asook aan Tufts-universiteit in Medford, Massachusetts, en Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts.[10][31] Gedurende die tyd het hy South of the Border, West of the Sun en The Wind-Up Bird Chronicle geskryf.[10]

Van "ingetoënheid" na "toewyding"

The Wind-Up Bird Chronicle (1995) versmelt die realistiese met die fantastiese gegewe en bevat elemente van fisiese geweld. Dit is ook meer maatskaplik ingesteld as sy vorige werk, en handel deels met die ingewikkelde onderwerp van oorlogsmisdade in Mantsjoerye (ook bekend as Noord-Oos Sjina). Die roman het die Yomiuri-prys gewen, wat toegeken is deur een van Murakami se felste voormalige kritici, Kenzaburō Ōe, wat in 1994 die Nobelprys vir Letterkunde gewen het.[32]

Die verwerking van kollektiewe trauma het gou 'n belangrike tema in Murakami se skryfwerk geword, wat voorheen meer persoonlik van aard was. Murakami het na Japan teruggekeer in die nasleep van die Kobe-aardbewing en die Aum Shinrikyo gasaanval.[14] Hy het hierdie gebeure probeer verwerk deur sy eerste nie-fiksie werk, getitel Underground, en die kortverhaal bundel after the quake. Underground bestaan grootliks uit onderhoude met slagoffers van die gasaanvalle in die Tokyo metrospoor stelsel.

Murakami noem self dat hy sy posisie verander het van een van "ingetoënheid" na een van "toewyding" nadat hy in 1991 in die Verenigde State gewoon het. "Sy vroeë boeke," het hy gesê, het voortgekom uit 'n indiwiduele donkerte, terwyl sy latere werke stukrag kry uit die donkerte wat gevind word in die samelewing en geskiedenis."[14]

Engelse vertalings van baie van sy kortverhale wat geskryf is tussen 1983 en 1990 is versamel in The Elephant Vanishes. Murakami het ook onder andere baie van die werke van F. Scott Fitzgerald, Raymond Carver, Truman Capote, John Irving, en Paul Theroux vertaal in Japannees[10]

Murakami het 'n aktiewe rol gespeel in die vertaling van sy werke na Engels; en die aanpassing van sy tekste tot Amerikaanse realiteite aangemoedig, eerder as om aan te dring op direkte en rigiede vertalings. Sommige van sy werke wat in Duits verskyn het is vertaal vanuit die Engelse vertalings eerder as uit die oorspronklike Japannees.[33]

Sedert 2000

Sputnik Sweetheart is die eerste keer in 1999 gepubliseer, gevolg deur Kafka on the Shore in 2002, met die Engelse vertaling wat in 2005 gevolg het. Kafka on the Shore het in 2006 die Wêreld Fantasie Toekenning vir Romans gewen.[34] Die Engelse weergawe van sy roman After Dark is in 2007 uitgegee. Dit is deur The New York Times gekies as 'n noemenswaardige boek van die jaar.[35]

Murakami het aan die einde van 2005 'n versameling kortverhale gepubliseer met die titel Tōkyō Kitanshū, of 東京奇譚集, wat losweg vertaal kan word as "Geheime van Tokio". 'n Versameling van die Engelse weergawes van vier-en-twintig kortverhale, getiteld Blind Willow, Sleeping Woman is in Augustus 2006 gepubliseer. Hierdie versameling sluit beide ouer werke van die 1980's , sowel as sommige van Murakami se meer onlangse kortverhale in, insluitende vyf wat verskyn in Tōkyō Kitanshū.

In 2002 het Murakami die bundel Birthday Stories gepubliseer, te wete 'n versameling kortverhale met verjaardae as tema. Die versameling sluit werke deur Russell Banks, Ethan Canin, Raymond Carver, David Foster Wallace, Denis Johnson, Claire Keegan, Andrea Lee, Daniel Lyons, Lynda Sexson, Paul Theroux, en William Trevor in, sowel as 'n storie deur Murakami self. What I Talk About When I Talk About Running bevat verhale oor sy ondervindinge as 'n marathondrawwer en driekamp atleet. Dit is in 2007 in Japan gepubliseer,[36] met Engelse vertalings daarvan wat in 2008 verskyn het in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die titel is 'n toespeling op die van Raymond Carver se kortverhaal versameling, What We Talk About When We Talk About Love.[37]

Die literêre uitgewersmaatskappy Shinchosha het Murakami se roman, 1Q84, op 29 Mei 2009 vrygestel in Japan. 1Q84 word uitgespreek as "ichi kyū hachi yon" op dieselfde wyse as Nineteen Eighty-Four (Negentien-vier-en-tagtig – 1984) , soos nege ook uitgespreek word as "kyū" in Japannees.[38]

Die boek is in 2011 op die langlys geplaas vir die Man Asian Literêre-pys. Die boek is egter na die anti-Japannese demonstrasies van 2012 saam met die werke van ander Japannese skrywers van China onttrek.[39][40]

Murakami het die Sjinees-Japannese gebiedsdispuut gekritiseer, en die uitermatige nasionalistiese reaksie as "goedkoop arbeid" wat politici aan die publiek verskaf, beskryf.[41]

In April 2013 het hy die roman Colorless Tsukuru Tazaki and His Years of Pilgrimage gepubliseer. Dit het 'n internasionale bliteverkoper geword maar het gemengde resensies ontvang.[42][43]

Killing Commendatore (Kishidancho Goroshi) is Murakami se mees onlangse werk. Dit is op 24 Februarie 2017 in Japan gepubliseer en in Oktober 2018 in die Verenigde State. Die genre daarvan is historiese fiksie. Dit het kontroversie in Hong Kong veroorsaak. Die roman is in Hong Kong geklassifiseer as "Klas II - onwelvoeglik". Die klassifikasie het gelei tot 'n groot aantal gevalle van sensorskap.

Skryfstyl

Die meeste van Haruki Murakami se werke maak gebruik van die Eerstepersoons-vertelstyl in die tradisie van die Japannese I Roman. Hy het ook gekonstateer dat omrede familie 'n beduidende rol in die Japannese letterkunde speel; enige onafhanklike hoofkarakter 'n man word wat vryheid en eensaamheid bo intimiteit verkies.[26]

Ook merkbaar, is Murakami se unieke sin vir humor, soos gesien in sy kortverhaal versameling van die jaar 2000 , After the Quake. In die storie "Superfrog Saves Tokyo", word die protagonis gekonfronteer met 'n 6-voet lange padda. Ten spyte van die verhaal se sobere trant, voel Murakami dat die leser vermaak moet word wanneer nadat die erns van die onderwerp aanvanklik aangeraak is. Nog 'n merkbare eienskap van Murakami se verhale is die kommentaar wat afkomstig is van die hoofkarakters met betrekking tot hoe snaaks die storie self voorkom. Murakami verduidelik dat sy karakters ondervind wat hy self ondervind tydens sy skryfwerk, wat vergelyk kan word met 'n rolprentstel waar die mure en bekleedsel alles vals is. [26]

Baie van sy romans beskik oor temas en titels wat klassieke musiek oproep, soos die drie boeke wat The Wind-Up Bird Chronicle opmaak: The Thieving Magpie (na aanleiding van Rossini se opera), Bird as Prophet (na aanleiding van 'n klavierstuk deur Robert Schumann), en The Bird-Catcher ('n karakter in Mozart se opera Die Towerfluit). Sommige van sy romans neem hulle titels van liedere: Dance, Dance, Dance (na aanleiding van The Dells se 1957 B-kant liedjie,[44][45] alhoewel dit gespekuleer word dat vir vernoem is na The Beach Boys se 1964 Dance, Dance, Dance), Norwegian Wood (na aanleiding van The Beatles se Norwegian Wood (This Bird Has Flown) en South of the Border, West of the Sun (na aanleiding van die liedjie "South of the Border" uit 1939).[46]

Sommige analiseerders sien aspekte van Shamanisme raak in sy skryfwerk. In 'n artikel uit 2000 het Susan Fisher 'n verband getrek tussen Japannese shamanisme en sommige eienskappe van The Wind-Up Bird Chronicle,[47] soos die afgaan in 'n droë waterput. Tydens 'n simposium wat in Oktober 2013 gehou is by die Universiteit van Hawaii,[48] het professor Nobuko Ochner die mening uitgespreek "dat daar baie beskrywings is van reise in 'n parallelle wêreld, sowel as karakters wat 'n verband het met shamanisme" [49] in Murakami se werke.

Erkenning

Pryse vir boeke

  • 1979: Gunzo-prys (beste eerste roman) vir Hear the Wind Sing
  • 1982: Noma Letterkundige-prys (beste nuweling) vir A Wild Sheep Chase
  • 1985: Tanizaki-prys vir Hard-Boiled Wonderland and the End of the World
  • 1995: Yomiuri-prys (beste roman) vir The Wind-Up Bird Chronicle
  • 1999: Kuwabara Takeo-prys vir Underground[14]
  • 2006: Wêreld Fantasie-prys (beste roman) vir Kafka on the Shore
  • 2006: Frank O'Connor Internasionale Kortverhaal-prys vir Blind Willow, Sleeping Woman
  • 2016: Hans Christian Andersen Literêre-prys

Die Kiriyama-prys vir fiksie is in 2007 aan Murakumi toegeken vir sy bundel kortverhale getitel Blind Willow, Sleeping Woman, maar volgens die prys se amptelike webtuiste het Murakami "om 'n persoonlike beginselsaak geweier om die toekenning te aanvaar".[50]

Persoonlike pryse

In 2006 het Murakami die sesde ontvanger van die Franz Kafka-prys geword.[51]

In September 2007 het hy 'n ere doktorsgraad in Lettere vanaf die Universiteit van Liège ontvang,[52] asook van Princeton-universiteit in Junie 2008,[53] en Tufts-universiteit[54] in Mei 2014.

In onlangse jare is Haruki Murakami dikwels 'n potensiële ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde genoem.[5] Aangesien alle nominasierekords geseël is vir vyftig jaar vanaf toekenning van die prys, is dit bloot suiwer spekulasie.[55] Toe Murakami gevra is oor die moontlikheid dat die prys aan hom toegeken kan word, het hy met 'n glimlag geantwoord "Nee, ek wil nie pryse hê nie. Dit beteken jy is klaar."[5]

In Oktober 2014 is die Welt-Literatuurprys (Duits: Welt-Literaturpreis) aan hom toegeken.[56]

In November 2016 is die Deense Hans Christian Andersen Literatuur-prys aan hom toegeken, welke prys voorheen gewen is deur die Britse skrywer J. K. Rowling.[57][58][59]

In 2018 is hy genomineer vir die Nuwe Akademieprys in Letterkunde.[60] Hy het versoek dat sy nominasie onttrek word, en vermeld dat hy wou "konsentreer op sy skryfwerk, weg van die aandag van die pers af."[61]

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  1. Curtis Brown (2014), "Haruki Murakami now available in 50 languages", curtisbrown.co.uk, 27 Februarie 2014: "Following a recent Malay deal Haruki Marukami's work is now available in 50 languages worldwide."
  2. Maiko, Hisada (November 1995). "Murakami Haruki". Kyoto Sangyo University (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2009. Besoek op 24 April 2008.
  3. McCurry, Justin, "Secrets and advice: Haruki Murakami posts first responses in agony uncle role", The Guardian, 16 Januarie 2015.
  4. Poole, Steven (13 September 2014). "Haruki Murakami: 'I'm an outcast of the Japanese literary world'". The Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Murakami doesn't read many of his Japanese contemporaries. Does he feel detached from his home scene? "It's a touchy topic", he says, chuckling. "I'm a kind of outcast of the Japanese literary world. I have my own readers ... But critics, writers, many of them don't like me." Why is that? "I have no idea! I have been writing for 35 years and from the beginning up to now the situation's almost the same. I'm kind of an ugly duckling. Always the duckling, never the swan."
  5. Kelts, Roland (16 Oktober 2012). "The Harukists, Disappointed". The New Yorker (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2014. Besoek op 17 Oktober 2012.
  6. !--CARVER, SALINGER, KAFKA are already cited above and below, so we add three other main ones here:-->
  7. Endelstein, Wendy, What Haruki Murakami talks about when he talks about writing, UC Berkeley News, 15 Oktober 2008, besoek op 12 Augustus 2014.
  8. Poole, Steven (27 Mei 2000). "Tunnel vision". The Guardian. Londen. Besoek op 24 April 2009.
  9. "Murakami Asahido", Shincho-sha,1984
  10. Brown, Mick (15 Augustus 2003). "Tales of the unexpected". The Daily Telegraph (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 9 Julie 2008.
  11. Tandon, Shaun (27 Maart 2006). "The loneliness of Haruki Murakami". iAfrica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2008. Besoek op 24 April 2008.
  12. Rubin, Jay (2002). Haruki Murakami and the Music of Words. Harvill Press. p. 14. ISBN 1-86046-986-8.
  13. Naparstek, Ben (24 Junie 2006). "The lone wolf". The Age (in Engels). Melbourne. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2017. Besoek op 24 April 2008.
  14. Williams, Richard, "Marathon man", The Guardian, 17 Mei 2003.
  15. Gewertz, Ken (1 Desember 2005). "Murakami is explorer of imagination". Harvard Gazette (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 24 April 2008.
  16. Goodwin, Liz C. (3 November 2005). "Translating Murakami". Harvard Crimson (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2009. Besoek op 24 April 2008.
  17. Nakanishi, Wendy Jones (8 Mei 2006). "Nihilism or Nonsense? The Postmodern Fiction of Martin Amis and Haruki Murakami". Electronic Journal of Contemporary Japanese Studies. Besoek op 18 November 2008.
  18. Naparstek, Ben. "The enemy within". Financial Times. Tokio, Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2017. Besoek op 10 Augustus 2017. {{cite web}}: Onbekende parameter |publicationdate= geïgnoreer (hulp)
  19. "Nobody pounded the table anymore, nobody threw their cups". The Observer (in Engels). Londen. 27 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 27 Julie 2008.
  20. Houpt, Simon (1 Augustus 2008). "The loneliness of the long-distance writer". The Globe and Mail (in Engels). Toronto. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2008. Besoek op 10 Desember 2008.
  21. Murakami, Haruki (8 Julie 2007). "Jazz Messenger". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 24 April 2008.
  22. Murakami, Haruki (Winter 1994). "Interview with John Wesley Harding". BOMB Magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2014. Besoek op 4 Mei 2012.
  23. Phelan, Stephen (5 Februarie 2005). "Dark master of a dream world". The Age (in Engels). Melbourne. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2017. Besoek op 24 April 2008.
  24. Grossekathöfer, Maik (20 Februarie 2008). "When I Run I Am in a Peaceful Place". Spiegel (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2012. Besoek op 24 April 2008.
  25. Germany, SPIEGEL ONLINE, Hamburg,. "Druckversion - SPIEGEL Interview with Haruki Murakami: 'When I Run I Am in a Peaceful Place' - SPIEGEL ONLINE - International". www.spiegel.de (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2017. Besoek op 5 Junie 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  26. Wray, John (Summer 2004). "Haruki Murakami, The Art of Fiction No. 182". The Paris Review (170). Besoek op 12 Junie 2016.
  27. Devereaux, Elizabeth (21 September 1991). "PW Interviews: Haruki Murakami". Publishers Weekly.
  28. Hegarty, Stephanie (17 Oktober 2011). "How did Murakami conquer the world?". BBC News (in Engels (VK)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 21 Februarie 2018.
  29. Ellis, Jonathan; Hirabayashi, Mitoko (2005). "'In Dreams Begins Responsibility': An Interview with Haruki Murakami" (PDF). The Georgia Review. Georgia. 59: 548–567. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Augustus 2016. Besoek op 11 Junie 2016.
  30. Anderson, Sam (21 Oktober 2011). "The Fierce Imagination of Haruki Murakami". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 21 Februarie 2018.
  31. Murakami, Haruki (3 Mei 2013). "BOSTON, FROM ONE CITIZEN OF THE WORLD WHO CALLS HIMSELF A RUNNER". The New Yorker (in Engels). New York. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2014. Besoek op 3 Mei 2013.
  32. "Haruki Murakami congratulated on Nobel Prize — only, he hadn't won it". Japan News Review (in Engels). 5 Julie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2016. Besoek op 24 April 2008.
  33. Hijiya-Kirschnereit, Irmela (10 Januarie 2014). "Orchestrating Translations: The Case of Murakami Haruki" (in Engels). Nippon Communications Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2019. Besoek op 13 Januarie 2014.
  34. World Fantasy Convention (2010). "Award Winners and Nominees" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2016. Besoek op 4 Februarie 2011.
  35. "100 Notable Books of the Year - 2007". The New York Times (in Engels (VSA)). 2 Desember 2007. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 25 Februarie 2018.
  36. "Haruki Murakami hard at work on 'horror' novel". ABC News (in Engels). 9 April 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2009. Besoek op 24 April 2008.
  37. Alastair Campbell (26 Julie 2008). "Review: What I Talk About When I Talk About Running by Haruki Murakami". The Guardian (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 5 Desember 2011.
  38. "Murakami round-up: ichi kyu hachi yon". Meanjin. 6 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2009. Besoek op 4 Julie 2009.
  39. "Japan-related books disappear in Beijing; Chinese demand pay hikes from Japanese employers". Asahi shimbun. 22 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2012. Besoek op 23 September 2012.
  40. "What is behind the anti-Japanese protests in China?". Voice of Russia. 28 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2013. Besoek op 29 September 2012.
  41. "Author Murakami wades into Japan-China island row". AFP (in Engels). Hindustan Times. 28 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2012. Besoek op 29 September 2012.
  42. Lawson, Mark (6 Augustus 2014). "Colorless Tsukuru Tazaki and His Years of Pilgrimage by Haruki Murakami – review". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 2 April 2016.
  43. Smith, Patti (10 Augustus 2014). "Deep Chords: Haruki Murakami's 'Colorless Tsukuru Tazaki and His Years of Pilgrimage'". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 2 April 2016.
  44. Slocombe, Will (2004), "Haruki Murakami and the Ethics of Translation" (doi: 10.7771/1481-4374.1232), CLCWeb: Comparative Literature and Culture (ISSN 1481-4374), Purdue University Press, Vol. 6, Nr. 2, p. 5.
  45. Chozick, Matthew Richard (2008), "De-Exoticizing Haruki Murakami's Reception" (doi: 10.1353/cls.0.0012), Comparative Literature Studies (ISSN 0010-4132), Pennsylvania State University Press, Vol. 45, Nr. 1, bl. 67.
  46. Chozick, Matthew (29 Augustus 2007). "The Wind-Up Bird Chronicle". The Literary Encyclopedia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2017. Besoek op 24 April 2008.
  47. Fisher, Susan (2000). "An Allegory of Return: Murakami Haruki's the Wind-up Bird Chronicle" (JSTOR), Comparative Literature Studies, Vol. 37, No. 2 (2000), pp. 155–170.
  48. "Traveling Texts: Reading Haruki Murakami Across East Asia" at University of Hawai'i, Mānoa.
  49. "Haruki Murakami's themes of disaffected youth resonate with his East Asian fans". Asahi Shimbun AJW. 15 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2014. Besoek op 12 Augustus 2014.
  50. "2007 Kiriyama Price Winners". Pacific Rim Voices (in Engels). 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2017. Besoek op 24 April 2008.
  51. "Japan's Murakami wins Kafka prize". CBC News (in Engels). 30 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2017. Besoek op 24 April 2008.
  52. "Presse et Communication". Université de Liège. 5 Julie 2007. Besoek op 24 April 2008.[dooie skakel]
  53. Dienst, Karin (3 Junie 2008). "Princeton awards five honorary degrees". Princeton University (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2017. Besoek op 5 Junie 2008.
  54. "Honorary Degree Recipients 2014", Tufts-universiteit, 18 Mei 2014.
  55. "Nomination Facts" (in Engels). Nobel Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2011. Besoek op 3 Maart 2010.
  56. Kämmerlings, Richard (3 Oktober 2014). "Haruki Murakami erhält "Welt"-Literaturpreis 2014". Die Welt (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2017. Besoek op 13 Oktober 2014.
  57. Silas Bay Nielsen. "Japansk stjerneforfatter får Danmarks største litteraturpris". DR (in Deens). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020.
  58. "En halv million: Japansk succesforfatter får HCA-litteraturpris". fyens.dk (in Deens). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2019.
  59. "The Copenhagen Post - Danish News in English". cphpost.dk (in Deens). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 10 Oktober 2017.
  60. Löfgren, Emma (29 Augustus 2018). "Four writers shortlisted for 'the new Nobel Literature Prize'". The Local (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2020. Besoek op 11 September 2018.
  61. "Japan's Haruki Murakami withdraws from consideration for alternative Nobel award". The Japan Times (in Engels). 16 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2019. Besoek op 18 September 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.