Hartversaking
Hartversaking, dikwels ook kongestiewe hartversaking genoem, vind plaas wanneer die hart nie meer doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie.[1][2][3] Tekens en simptome sluit gewoonlik kortasemheid, oormatige moegheid en beenswelling in.[4] Die kortasemheid is gewoonlik erger tydens oefening en wanneer gelê word, en die persoon kan snags wakker word daarvan.[4] Borspyn, insluitende angina, kom nie gewoonlik voor weens hartversaking nie.[5]
Hartversaking | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
’n X-straalfoto van ’n 28-jarige vrou met kongestiewe hartversaking en chroniese hipertensie. | ||
ICD-10 | I11–I50.9 | |
Mediese waarskuwing |
Oorsake
Algemene oorsake van hartversaking sluit in kroonslagaarsiektes (onder meer ’n vorige hartaanval), hoë bloeddruk, atriale fibrillasie, hartklepaandoening, ’n oormaat alkoholverbruik, infeksie en kardiomiopatie met ’n onbekende oorsaak.[4][6] Hulle veroorsaak hartversaking deur óf die struktuur óf die werking van die hart te verander.[4]
Daar is twee soorte hartversaking, na gelang van wat aangetas is: die vermoë van die linkerhartkamer om saam te trek of die hart se vermoë om te ontspan.[4] Die erns van die siekte word gewoonlik bepaal deur die graad van probleme met oefening.[7] Hartversaking is nie dieselfde as hartspierinfarksie (waar ’n deel van die hartspier doodgaan) of hartstilstand (waar die bloedvloei heeltemal ophou) nie.[8][9] Ander siektes wat soortgelyke simptome kan hê, is obesiteit, nierversaking, lewerprobleme, bloedarmoede en skildkiersiekte.[7]
Diagnose en behandeling
Die toestand word gediagnoseer deur die geskiedenis van die simptome in ag te neem en ’n fisieke ondersoek te doen wat eggokardiografie kan insluit.[10] Bloedtoetse, elektrokardiografie en borsradiografie kan ook help om die onderliggende oorsaak vas te stel.[10]
Behandeling hang af van die erns en oorsaak van die siekte.[10] In minder ernstige gevalle bestaan die behandeling gewoonlik uit leefstylaanpassings soos om op te hou rook,[11] oefening,[12] en dieetaanpassings sowel as medikasie.[11] In gevalle waar die linkerhartkamer aangetas is, word inhibeerders en blokkeerders aanbeveel.[10] In ernstige gevalle kan aldosteroonantagoniste of hidralasien met ’n nitraat gebruik word.[10] ’n Ontwateringsmiddel is nuttig teen vloeistofretensie.[11] Soms, na gelang van die oorsaak, kan ’n toestel soos ’n pasaangeër ingeplant word.[10]
As alle ander behandelings ondoeltreffend is, kan ’n hartkamerhulptoestel of hartoorplanting aanbeveel word.[11]
Verwysings
- heart failure by Dorland's Medical Dictionary
- "Heart failure". Health Information. Mayo Clinic. 23 Desember 2009. DS00061. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2010.
- "Definition of Heart failure". Medical Dictionary (in Engels). MedicineNet. 27 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2014.
- "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre: 19–24. Augustus 2010. PMID 22741186.
- O'Connor, Christopher M. (2005). Managing Acute Decompensated Heart Failure a Clinician's Guide to Diagnosis and Treatment. London: Informa Healthcare. p. 572. ISBN 9780203421345. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2017.
- McMurray JJ, Pfeffer MA (2005). "Heart failure". Lancet. 365 (9474): 1877–89. doi:10.1016/S0140-6736(05)66621-4. PMID 15924986.
- "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre: 38–70. Augustus 2010. PMID 22741186.
- Willard & Spackman's occupational therapy (12th uitg.). Philadelphia: Wolters Kluwer Health/Lippincott Williams & Wilkins. 2014. p. 1124. ISBN 9781451110807. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2016.
- Eyal Herzog (2012). The Cardiac Care Unit Survival Guide. Lippincott Williams & Wilkins. p. 98. ISBN 9781451177466. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2016.
- "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre: 34–47. Augustus 2010. PMID 22741186.
- "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre: 71–153. Augustus 2010. PMID 22741186.
- Taylor, RS; Sagar, VA; Davies, EJ; Briscoe, S; Coats, AJ; Dalal, H; Lough, F; Rees, K; Singh, S (27 April 2014). "Exercise-based rehabilitation for heart failure". The Cochrane database of systematic reviews. 4: CD003331. doi:10.1002/14651858.CD003331.pub4. PMID 24771460.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hartversaking.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia