Hartmannse bergkwagga
Die Hartmannse bergkwagga (Equus zebra hartmannae) is lid van die perdagtige diere en kom hoofsaaklik in Namibië voor. Die dier staan ook bekend as die Hartmannse bergsebra. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Hartmannse bergkwagga | |
---|---|
'n Hartmannse bergkwagga in die Louisville-dieretuin. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | |
Subspesie: | E. z. hartmannae |
Trinomiale naam | |
Equus zebra hartmannae (Matschie, 1898) | |
Verspreiding van die Hartmannse bergkwagga |
Bou en kleur
Die dier het 'n tipiese sebravoorkoms, naamlik swart strepe met 'n geelwit agtergrond. Die strepe loop duidelik af by die bene tot by die hoewe, terwyl die strepe op die lyf by die pens ophou. Die pens is wit. Kenmerke van die dier is die keelvel en die oranje snoet. Die spesie het nie skadustrepe soos die vlaktekwagga nie. Hulle is groter as die Kaapse bergkwagga. Die hingste is effens swaarder as die merries – hingste weeg tot 330 kg, terwyl die merrie tot 300 kg kan weeg.
Habitat en gewoontes
Die Hartmannse bergkwagga verkies klipperige berghange met genoeg weiding en drinkwater. Die diere vorm groepe; 'n tipiese trop bestaan uit 'n dominante hings en sy familie. Die diere wei in die koeler tye van die dag en rus in skaduwees as dit warm is en hou ook van 'n stofbad. Een vul word enige tyd van die jaar gebore na 'n dratyd van 12 maande.
Vyande
Die dier se natuurlike vyande is die gevlekte hiëna, leeu en jagluiperd.
Fotogalery
- 'n Hartmannse bergkwagga in die in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
- 'n Skaars Hartmannse bergkwagga wei tussen Damaramelkbosse op 'n randjie naby Palmwag in die noordweste van Namibië
- 'n Hartmannse bergkwagga wes van die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
- Hartmannse bergkwaggas wes van die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
Sien ook
Bron
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. ISBN 978 1 875093 46 5. 2009
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hartmannse bergkwagga.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Hartmannse bergkwagga