Hartenbos
Hartenbos is 'n dorp in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Dis is geleë 45 kilometer vanaf George en behoort saam met 20 ander nedersettings aan die Munisipaliteit van Mosselbaai. Hartenbos was oorspronklik 'n plaas, maar die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens het die dorp in 1933 in 'n vakansieoord vir hulle werknemers verander. Die strand by Hartenbos is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.
Hartenbos | |
---|---|
![]() ![]() Hartenbos ![]() | |
Koördinate: 34°7′S 22°7′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Mosselbaai |
Stigting | 1933 |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,20 km2 (9,34 vk. myl) |
Hoogte | 5 m (16 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 196 |
• Digtheid | 173/km2 (450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 71.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 17.5% |
• Swart mense | 9.9% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 93.4% |
• Engels | 4.3% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 6520 |
Skakelkode | 044 |
![](../I/ATKVHartenbos.JPG.webp)
Hartenbos is bekend vir sy gewilde ATKV-vakansieoord
Wapen
Hartenbos se munisipale raad het in 1985 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In goud, 'n alwyn met drie blomtrosse van natuurlike kleur, die skild, aan weerskante rond uitgesny van blou en belaai met 'n regopgesplaaste goue vis. Die helmteken was 'n bosbok op 'n grasgrond, en die wapenspreuk was "Met hart en hand".[2]
Sien ook
Bibliografie
- "Tourist's Guide to Greater Mossel Bay" (saamgestel deur Marie Sweetnam), vol. 1; Okt. 1997
- "Afrikaans my darling", Koos Kombuis, Human & Rousseau (2003)
Verwysings
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.