Harpy

Die harpye was in die Griekse mitologie halfmenslike wesens met die lyf van 'n voël wat die stormwinde verpersoonlik het. Hulle kom veral voor in Homeros se gedigte.[1]

Harpye in die woud van Dante se Inferno, deur Gustave Doré, 1861.

Beskrywing

Harpye word gewoonlik uitgebeeld as 'n voël met die kop van 'n vrou. Hulle gesigte is bleek van honger en hulle het lang kloue. Romeinse en Bisantynse skrywers het klem gelê op hoe lelik hulle was.[2] Op potte is hulle uitgebeeld as vroue met vlerke. Ovidius het hulle beskryf as mens-aasvoëls.[3]

Verwysings

  1. Homer, Odusseus 20.66 & 77
  2. Vergilius, Eneïde 3.216; Tzetzes ad Lycophron, Alexandra 653; Ovidius, Metamorfoses 7.4
  3. Ovidius, Metamorfoses 7.4

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.