Harkerville
Harkerville is 'n klein bosbougemeenskap in die ooste van die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die nedersetting is tussen Knysna en Plettenbergbaai naby die N2 nasionale pad. Die Knysna-olifante was altyd aktief in die omgewing.[2] Dit is deesdae 'n gewilde stappers- en bergfietsrybestemming. Die Harkerville-reuse is 'n groep rooihoutbome (S. sempervirens) wat in 1925 hier aangeplant is, en die fietsryroete doen tans by hulle aan.[3] Die groep wat tot 48 meter hoog groei, is as kampioenbome aangewys wat ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerming geniet. Die nabygeleë groep Karie-bloekoms (E. diversicolor) wat in 1922 geplant is, groei na 'n eeu al 70 meter hoog en is ook tot kampioenbome verklaar.[3]
Harkerville | |
---|---|
![]() ![]() Harkerville ![]() | |
Koördinate: 34°2′0″S 23°14′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Bitou |
Oppervlak | |
• Totaal | 43,61 km2 (16,84 vk. myl) |
Bevolking (2001)[1] | |
• Totaal | 269 |
• Digtheid | 6/km2 (20/vk. myl) |
Rasverdeling (2001) | |
• Wit mense | 16.7% |
• Bruin mense | 77.7% |
• Swart mense | 5.6% |
Taal (2001) | |
• Afrikaans | 86.6% |
• Engels | 13.4% |
Sien ook
Verwysings
- Hoofplek Harkerville 2001-sensus
- Volledige voetslaangids vir Suider-Afrika. 1993. ISBN 1-86825-449-6
- Esterhuyse, Neels; von Breitenbach, Jutta; Soehnge, Hermien; van der Merwe, Izak (2016). Remarkable Tree of South Africa, Table 4: Champion trees in South Africa (2de uitg.). Pretoria: Briza. pp. 51–61. ISBN 978-1-920217-66-2.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.