Hansie (rolprent)
Hansie is 'n Engelse rolprent wat die lewe van die Afrikaanssprekende krieketlegende Hansie Cronjé uitbeeld. Die storielyn is deur Frans Cronjé, Hansie se ouer broer, geskryf. Die regisseur is Regardt van den Bergh en die hoofrol word deur Frank Rautenbach vertolk. Die rolprent is op 26 September 2008 uitgereik.

Foto van Hansie Cronjé.
Hansie | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Draaiboek | Frans Cronjé |
Met | Frank Rautenbach Sarah Thompson Matthew Dylan Roberts Jonathan Hearns Patrick Walton |
Kinematografie | Dave Aenmey |
Redigeerder | Morné Theunissen |
Uitgereik | 26 September 2008 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers
- Frank Rautenbach as Hansie Cronjé
- Sarah Thompson as Bertha Cronjé
- Matthew Dylan Roberts as Joe Dawson
- Jonathan Hearns as Steve Waugh
- Patrick Walton jr. as 'n ouer speler
- Eric Nobbs as Ewie Cronjé
- James Borthwick as Kommentator Jack
- Sybel Coetzee as San-Marie Cronjé
Storie
Die rolprent is 'n ware verhaal gebaseer op die lewe van Hansie Cronjé. Hansie se pad na roem en tot een van die land se grootse krieketkapteins word uitgebeeld, asook die wedstrydknoeiery waarby hy betrokke was en uiteindelik sy tragiese dood.
Eksterne skakels
- (en) Hansie op IMDb
- (en) Die Hansie-rolprent se tuisblad
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.