Handley Page Hampden
Die Handley Page Hampden was 'n tweemotorige bomwerper hoofsaaklik gebruik deur die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tesame met die Vickers Wellington en die Armstrong Whitworth Whitley was dit die enigste tweemotorige bomwerpers waaroor die Britse Lugmag beskik het toe die oorlog op 9 September 1939 uitgebreek het. Hierdie drie bomwerpers het die Britse bomaanvalle gedra totdat die eerste van die viermotorige bomwerpers, die Short Stirling, eers in 1941 beskikbaar geraak het.
Handley Page Hampden | |
---|---|
![]() | |
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Handley Page |
Nooiensvlug | 21 Junie 1936 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Vervaardig | 1936-1941 |
Aantal gebou | 1,430 |
Tegniese besonderhede
![](../I/Handley_Page_Hampden.svg.png.webp)
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Bristol Pegasus XVIII stermotors |
Kraglewering per motor | 980 perdekrag |
Vlerkspan | 21,08 m |
Lengte | 16,33 m |
Hoogte | 4,37 m |
Maks. opstygmassa | 8 508 kg |
Maks. snelheid | 426 km/h op 4 724 m |
Operasionele hoogte | 6919 m |
Togafstand met maks. bomvrag. | 1 762km |
Bewapening | Ses 0.303 Vickers K masjiengewere: (twee elk in dorsale- en stertskiettorings), |
Bomvrag | 1,814 kg |
Bron
- Munson, Kenneth: Bombers 1939–1945. Bounty Books. 2012. ISBN 978-0-7537-2172-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.