Hamunyera Hambyuka
Julius Hamunyera Hambyuka (gebore 25 Maart 1966) is 'n Namibiese politikus wat sedert Maart 2015 as lid van die Nasionale Vergadering van Namibië dien. Hy is 'n lid van die regerende SWAPO party. Hambyuka is in Maart 2020 as die regeringshoofsweep van die Nasionale Vergadering aangestel.
Hamunyera Hambyuka | |
Hoofsweep van die Nasionale Vergadering van Namibië | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Maart 2020 | |
Voorafgegaan deur | Evelyn !Nawases-Taeyele |
---|---|
Lid van die Nasionale Vergadering van Namibië | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Maart 2015 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Julius Hamunyera Hambyuka 5 Maart 1966 Tondoro, Suidwes-Afrika |
Politieke party | SWAPO |
Alma mater | Politegnikum van Namibië |
Agtergrond en onderwys
Hambyuka is op 25 Maart 1966 in Tondoro in die voormalige Suidwes-Afrika, nou Namibië, gebore. Hy het aan die dr. Romanus Kampungu Senior Sekondêre Skool gematrikuleer en daarna aan die Politegnikum van Namibië gestudeer waar hy 'n diploma in sakebestuur en administrasie en 'n sertifikaat in geleentheidsbestuur verwerf het. Hambyuka het sy loopbaan begin deur vir die Katemo Landboukoöperasie te werk.[1]
Politieke loopbaan
Binne SWAPO was hy van 1998 tot 2000 'n streeksadministrateur, 'n adjunkparty-direkteur van 2001 tot 2003, en die direkteur van administrasie by die party se streekstak in Kawango-Wes tussen 2004 en 2015. Hy is in die algemene verkiesing van 2014 tot die parlement verkies. Hamunyera is op 20 Maart 2015 as 'n parlementslid ingehuldig.[1]
Voor die 2019-verkiesing het sy naam hoog genoeg op die SWAPO-kandidatelys verskyn om tot 'n tweede termyn herkies te word. Toe die Nasionale Vergadering in Maart 2020 vergader, is Hambyuka as die SWAPO-hoofsweep aangewys, en het gevolglik die regeringshoofsweep van die Nasionale Vergadering geword.[1]
Verwysings
- "Hambyuka, Julius Hamunyera". Parliament of Namibia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2020. Besoek op 5 Junie 2020.
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
- Hoofsweep - die parlement van Namibië