Hampshire

Hampshire (soms ook Southamptonshire genoem) is 'n graafskap in die suide van Engeland in die Verenigde Koninkryk. Die seremoniële graafskap sluit in die stede van Southampton en Portsmouth, maar om administratiewe doeleindes beskik hierdie twee stede oor unitêre owerhede (unitary authorities).

Hampshire

Vlag

Wapen

Ligging in Engeland
Seremoniële graafskap Hampshire
HoofstadWinchester
Oppervlakte3 769 km2
Bevolking1 763 600 (2011)
Bevolkingsdigtheid468 inw./km2
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
StreekHampshire
Administratiewe setelWinchester
ISO 3166-2:GB-HAM
Oppervlakte3 769 km2
Bevolking1 763 600 (2011)
Bevolkingsdigtheid468 inw./km2
Webtuistewww.hampshire.gov.uk Geargiveer 18 Desember 2014 op Wayback Machine
Distrikte en Unitêre owerhede
  1. Gosport
  2. Fareham
  3. Winchester
  4. Havant
  5. Oos-Hampshire
  6. Hart
  7. Rushmoor
  8. Basingstoke and Deane
  9. Test Valley
  10. Eastleigh
  11. New Forest
  12. Southampton (Unitêre owerheid)
  13. Portsmouth (Unitêre owerheid)

Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1,8 miljoen in die 2011-sensus gehad en die administratiewe graafskap 'n bevolking van 1,32 miljoen. Die seremoniële graafskap is die 5de grootste graafskap in die land. Die oppervlakte van die seremoniële graafskap is 3 769 km² en die administratiewe graafskap 3 679 km².

Geografie

Hampshire grens aan die graafskappe (kloksgewyse van wes) Dorset, Wiltshire, Berkshire, Surrey and Wes-Sussex. Die hoofstad van Hampshire is Winchester.

Demografie

Volgens die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 1 644 249 gehad. 96,73% van die inwoners was wit mense, gevolg deur 1,34% Asiate en 'n gemengde ras op 0,84%. 73,86% se geloof was die Christendom.

Administrasie

Die administratiewe graafskap van Hampshire het elf distrikte. Volgens die 2011 volkstelling is die bevolking van enkele distrikte tussen 91 000 (Hart) en 176 000 (New Forest).[1] Die graafskapsraad het 78 lede. In Junie 2014 het die Konserwatiewe Party 47 setels, die Liberaaldemokrate 16 setels, UKIP 10 sleutels en die Arbeiders 4 setels gehou.[2]

Polisie dienste word deur die Hampshire Constabulary gelewer. Hierdie polisiemag dien die hele Hampshire, insluitend Southampton, Portsmouth en ook die Eiland Wight. Die brandweerdiens is die Hampshire Fire and Rescue Service en dien die hele Hampshire, insluitend Southampton en Portsmouth, maar nie die Eiland Wight nie.

Besienswaardighede in Hampshire
Ronde tafel van Koning Arthur wat in die groot saal van Winchester Kasteel opgehang is
Ronde tafel van Koning Arthur wat in die groot saal van Winchester Kasteel opgehang is
Ronde tafel van Koning Arthur wat in die groot saal van Winchester Kasteel opgehang is  
Standbeeld van Koning Alfred in WInchester. Koning Alfred was die eerste koning van Engeland.
Standbeeld van Koning Alfred in WInchester. Koning Alfred was die eerste koning van Engeland.
Standbeeld van Koning Alfred in WInchester. Koning Alfred was die eerste koning van Engeland.  
HMS Victory, die vlagskip van Lord Nelson by die slag van Trafalgar (1805) en HMS Ark Royal, 'n moderne vliegdekskip van die Britse Vloot

Die Red Arrows by the Farnborough Lugskou
Die Red Arrows by the Farnborough Lugskou
Die Red Arrows by the Farnborough Lugskou  
'n Tipiese platelandse pub in Crondall. Volgens legende, het Oliver Cromwell in hierdie pub in 1645 gebly.

Spinaker Tower, 'n 170 meter hoë toring te Portsmouth.
Spinaker Tower, 'n 170 meter hoë toring te Portsmouth.
Spinaker Tower, 'n 170 meter hoë toring te Portsmouth.  
Fleet pond, 'n meer in Fleet
Fleet pond, 'n meer in Fleet
Fleet pond, 'n meer in Fleet  

Verwysings

  1. "2011 Volkstelling". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2014. Besoek op 7 Junie 2014.
  2. "Councillors by name". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2010. Besoek op 7 Junie 2014.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.