Hammer SpVg
Hammer SpVg is 'n Duitse sportklub in Hamm in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir aikido, judo, handbal, vlugbal, rolhokkie, gimnastiek en trompoppies.
![]() | |
Volledige naam | Hammer Spielvereinigung 03/04 e.V. |
Stigtingsdatum | 11 April 1903 |
Tuisveld | EVORA Arena, Hamm |
Kapasiteit | 8.500 |
Kompetisie | Oberliga Wesfale |
Die klub het op 11 April 1903 ontstaan as Hammer FC. In 1912 het die lede van Gymnasialer FC Hamm (gestig op 25 Februarie 1903) by die klub aangesluit. In 1919, na die Eerste Wêreldoorlog, het die klub met Hammer Turnverein 1859 saamgesmelt om TuS 1859/1903 Hamm te vorm. Teen 1922 het die twee klubs egter weer uitmekaargespat, maar Hammer Sportverein 1904 het by die klub aangesluit om Hammer SpVgg 03/04 te vorm.
Die hoogtepunt in die klubgeskiedenis was toe die Regionalliga in 1966 gehaal is, destyds die op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Verder is die tweede rondte van die DFB-Pokal in die 1980/81- en die 1982/83-seisoene gehaal.
Onlangse ligaposisionering
|
|