Halmahera
Halmahera (voorheen Jilolo, Gilolo of Jailolo; Indonesies: Pulau Halmahera) is die grootste eiland van die eilandgroep Molukke, wat op sy beurt tot die Maleise argipel behoort. Halmahera lê in die noordooste van die eilandnasie Indonesië langs die ewenaar. Dit grens aan die Molukkesee in die weste, die oop Stille Oseaan in die noordooste en die Halmaherasee in die suidooste. Van die groot eilande in die omgewing sluit in Sulawesi in die weste, Seram in die suide en Nieu-Guinee in die ooste.
Halmahera Inheemse naam: Pulau Halmahera | |
---|---|
Topografiese kaart van Halmahera | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 0°36′N 127°52′O |
Argipel | Molukke
|
Oppervlakte | 17 780 vk km |
Hoogste punt | Gamkonora 1 560 m |
Administrasie | |
Indonesië | |
Provinsie | Noord-Maluku
|
Hoofstad | Sofifi |
Grootste stad | Tobelo (34 099)
|
Demografie | |
Bevolking | 449 938 |
Bevolkingsgroepe | Tobelo, Bugis, Togutil, Galela, Sahu, Waioli, Modole, Pagu, Kao Islam, Sawai, Gane, Buli, Maba, Loloda, Tabaru, Patani, Bicoli. Belangrike emigrant-groepe sluit in Sangir, Ternate, Tidore, Makian en Javane |
Halmahera beslaan 'n oppervlakte van 17 780 km² en is die grootste eiland van Indonesië buite die vyf hoofeilande (Nieu-Guinee, Borneo, Soematra, Sulawesi en Java). Dit het 'n bevolking van 449 938 in 2010 gehad. Sowat die helfte van die bevolking in Moslems en die ander helfte is Christene. Op die eiland leef baie etniese groepe en van die bevolking besig Maleis-Polinesiese of Papoeastale.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Halmahera.
- (en) "Halmahera". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 April 2020.