Halfmens
Die halfmens (Pachypodium namaquanum) is 'n boom wat inheems aan die Richtersveld en suidelik Namibië[1] is. Hulle groei net in droë, rotsagtige halfwoestyngebiede. Die naam is afgelei van die feit dat die boom soos 'n mens lyk wanneer hulle afgeëts is teen die horison of teen die skemer gesien word. Die boom is 'n bedreigde spesie en word streng beskerm. Die boom se FSA-nommer is 649.[2]
Halfmens | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Genus: | Pachypodium |
Spesie: | P. namaquanum |
Binomiale naam | |
Pachypodium namaquanum (Wyley ex Harv.) Welw., (1869) | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die boom bestaan uit 'n lang stam van tot 4 m met 'n bos blare aan die punt. Die boom is gewoonlik takloos maar kan soms kort takke produseer. Die stam is dik by die wortels en loop spits na die bopunt. Vratterige knoppe bedek die stam en aan elke knop se punt is 'n doring.
Blomme en vrugte
Die blomme is buisvormig en ongeveer 5 cm lank. Hulle is rooi binne en groen binne en word binne die blare voortgebring en later die vrugte ook. Die vrugte is klein en word in pare gedra.
Algemeen
'n Kenmerk van die boom is dat die stam altyd na die noorde wys. Die boom groei glad nie goed weg van sy natuurlike habitat nie.
Galery
- Halfmens in die Richtersveld, Suid-Afrika.
Bronnelys
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi