Haemulidae
Die Knorders, Rubberlippe en Soetlippe (Haemulidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die Suid-Afrikaanse knorders behoort aan hierdie familie, wat in totaal 18 genera en minstens 120 spesies insluit. Negentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Haemulidae | |
---|---|
Die sg. White margate, Haemulon album, van die wes-Atlantiese kuswaters | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Haemulidae |
Genera | |
Sien teks. | |
Sinonieme | |
Pomadasyidae |
Kenmerke
Die visse van die familie wissel van medium-grootte tot groot, naamlik 2 cm tot 1 m. Hulle het langwerpige lywe en beskik oor al die vinne: dorsaal, pektoraal, bekken, anaal en stert. Hulle verkies vlakker water waar hulle monde sand van die bodem opsuig, die voeding uitfiltreer en die sediment deur hulle kieue uitblaas.
Genera
Die bekendste genus is Pomadasys waaraan die Knorders behoort.
- Diagramma
- Diagramma centurio - Seilvin-rubberlip
- Plectorhinchus
- Plectorhinchus chubbi - Donkerrubberlip
- Plectorhinchus flavomaculatus - Lemmetjievis
- Plectorhinchus gaterinus - Swartspikkel-rubberlip
- Plectorhinchus plagiodesmus - Balk-rubberlip
- Plectorhinchus playfairi - Witbalk-rubberlip
- Pomadasys
- Pomadasys commersonnii - Knorhaan
- Pomadasys furcatum - Grysknorder
- Pomadasys kaakan - Spiesknorder
- Pomadasys maculatus - Saalknorder
- Pomadasys multimaculatus - Haanknorder
- Pomadasys olivaceus - Varkie
- Pomadasys striatus - Gestreepte knorder
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.