Haaskos

Haaskos (Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan die westelike dele van Suid-Afrika. Dit word ook boesmansuring genoem, maar hierdie naam word gewoonlik vir die naverwante A. rufescens gebruik.[1] Die plant is as veilig gelys op die SANBI-rooilys.

Haaskos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Anacampserotaceae
Genus:
Anacampseros
Spesie:
A. lanceolata
Binomiale naam
Anacampseros lanceolata
(Haw.) Sweet

Verspreiding

Die spesie het 'n uitgestrekte (maar smal) verspreiding in die westelike dele van Suid-Afrika, van die grens met Namibiƫ (die Richtersveld), deur die Namakwaland en westelike Groot Karoo, af tot by die Worcester-area in die Robertson Karoo en van Bredasdorp tot by Uniondale.[2]

Identifikasie

Die plantjie het 'n vertakte stam wat 8 cm lank kan word en tot 5 cm breed. Dit groei in rosetvorm en vorm klompe of grondbedekkende matte. Die plant het dik lansvormige blare wat 2,5 cm lank word met wit veselagtige hare daartussen. Die blomme is pienk-perserig.[3]

Sy sukkulensie-indeks is uiters hoog: 53,27.

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 4 September 2021.
  2. Succulent Flora of Southern Africa, Doreen Court,CRC Press, 2000, ISBN 9058093239, ISBN 9789058093233, bls. 47
  3. "llifle.com".

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.