Haas (sterrebeeld)

Die Haas (Latyn: Lepus) is ’n sterrebeeld wat suid van die hemelewenaar lê, net suid van die Jagter. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word soms uitgebeeld as ’n haas wat deur die Jagter of sy jaghonde gejag word.[1]

Haas
Latynse naamLepus
GenitiefLeporis
AfkortingLep
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming6h
Deklinasie-20º
Grootte290 vk. grade (51ste)
KwadrantNQ2
Besonderhede
Hoofsterre8
Helderste sterArneb (Alpha Leporis)
Naaste sterGliese 229
Sterre helderder as 3 m2
Sterre met planete3
Messier-voorwerpe1
Bayer-/Flamsteed-sterre20
Aangrensende sterrebeelde
Jagter, Eenhoring, Groot Hond, Duif, Graveerstif, Eridanus
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Vier sterre van die sterrebeeld (α, β, γ en δ Lep) vorm ’n vierhoek en is in Arabies bekend as ‘Arsh al-Jawzā', "die troon van Jawzā'" of al-Nihāl, "die kamele wat hul dors les".

R Leporis en T Leporis is Mira- veranderlike sterre.[2] Daar is een Messier-voorwerp in die Haas, Messier 79. Dit is ’n dowwe sterreswerm met ’n helderheid van sowat 8 mag.

Verwysings

  1. "Skys & Telescope: March 2008", Southern Hemisphere Highlights: deur Shermend
  2. Unique Details of Double Star in Orion Nebula and Star T Leporis Captured by 'Virtual' Telescope. ScienceDaily. URL besoek op 19 Februarie 2009,
  • Allen, R. H. (1899). Star-names and Their Meanings. New York: G. E. Stechart. {{cite book}}: Cite has empty unknown parameter: |coauthors= (hulp); Onbekende parameter |ref-id= geïgnoreer (hulp)
  • Kunitzsch, P. (2006). A Dictionary of Modern Star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations. Cambridge (VSA): Sky Publishing Corp. {{cite book}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |ref-id= geïgnoreer (hulp)
  • Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.