Haar
In die mediese vakterminologie verwys haar (Latyn: "pilus") na 'n onvertakte draadvormige verhoringde uitgroeisel van die opperhuid.
'n Haarskag is die deel van die haar wat buite die vel uitsteek.
'n Haarsakkie is 'n instulping van die opperhuid waarin die haarwortel lê.
'n Haarpapil is die verheffing van die bodem van die haarsakkie.
'n Haarwortel is die deel van 'n haar wat in die haarsakkie lê.
Die haarkolf is die knol-vormige, verdikte onderste stuk van 'n haarwortel.
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir haar.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.