Haan (astrologie)
Die Haan (Chinees: 雞, jī) is die tiende dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Haan word verbind met die Aardse taksimbool 酉.[1]
Dit kan ook as Hoender vertaal word, want die Chinese karakter jī verwys na die hoender in die algemeen.
Beskrywing
Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die weg te ruim. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde 12 diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Haan is van 17:00 tot 19:00 – die tyd wanneer hoenders na hul hokke terugkeer.
In Chinese simbologie word Hane beskou as onafhanklik, bekwaam en flink van begrip, maar ook ongeduldig, krities, eksentriek en eng.
Jare en die Vyf Elemente
Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Haan gebore, met ook die volgende elementêre teken:[2]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
26 Januarie 1933 | 13 Februarie 1934 | Waterhaan |
13 Februarie 1945 | 1 Februarie 1946 | Houthaan |
31 Januarie 1957 | 17 Februarie 1958 | Vuurhaan |
17 Februarie 1969 | 5 Februarie 1970 | Aardhaan |
5 Februarie 1981 | 24 Januarie 1982 | Metaalhaan |
23 Januarie 1993 | 9 Februarie 1994 | Waterhaan |
9 Februarie 2005 | 28 Januarie 2006 | Houthaan |
28 Januarie 2017 | 15 Februarie 2018 | Vuurhaan |
13 Februarie 2029 | 2 Februarie 2030 | Aardhaan |
1 Februarie 2041 | 21 Januarie 2042 | Metaalhaan |
Hane en hul maats
Teken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Haan | Haan, Slang, Os | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Bok | Konyn |
Basiese astrologiese elemente
Aardse tak van geboortejaar | Yǒu |
Die Vyf Elemente | Metaal |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand | 8ste |
Gelukkige nommers | 5, 7, 8; vermy: 1, 3, 9 |
Gelukkige blomme | Swaardlelie, impatiëns, hanekam |
Gelukkige kleure | goud, bruin, geel; vermy: wit, groen |
Seisoen | Herfs |
Naaste Westerse teken | Maagd |
Sien ook
Verwysings
- "Chinese Zodiac - Rooster". Travel China Guide (in Engels). TravelChinaGuide.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
- "Chinese Zodiac – Rooster" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Haan (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Aap (申) |
Haan (酉) | Volgende teken Hond (戌) → |