Haai-eilandvuurtoring

Haai-eilandvuurtoring is 'n vuurtoring op Haai-eiland in Lüderitz, Namibië, se hawe.

Haai-eilandvuurtoring

Die vuurtoring is in 1903 opgerig en is sedert 1910 onaktief en 'n moderne direksionele lig staan nou op 'n skeletstaaltoring naby die oorspronklike toring. Die vuurtoring is 12 meter hoog en silindries in vorm met 'n galery. Die lantern is verwyder. Die toring is wit geverf met rooi detail. Die oorspronklike toring vorm nou deel van 'n vakansieoord en kamers kan vir oornagverblyf gehuur word.[1]

Verwysings

  1. The Lighthouse Directory Geargiveer 9 Oktober 2018 op Wayback Machine, Lighthouses of Namibia Geargiveer 30 Desember 2006 op Wayback Machine, besoek op 24 Desember 2006
Vlag van Namibië Vuurtorings van Namibië
Namibië: Swakopmund | Pelikaanpunt | Diazpunt | Haai-eiland

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.